Category Archives: Lied van die week

One Crown: Lig


Weet jy hoe dit voel, om na jou te kyk,

en te sien dat jou wêreld beter kan lyk?

Het jy al geding, wat bly oor as die rook gaan lê,

en die stad se rooi ligte jou nie meer wil hê?

Weet jy dat jou lig, helderder kan skyn?

Die stad se ligte, kan laat verdwyn?

Ek sal my lig laat skynOne Crown

sodat my vriende kan sien

hoe mooi die donker wêreld in kleur lyk.

Ek weet jy het nou gesien, dat vryheid lê daarby,

om te kan doen wat jy wil, en nie wat jy voel jy moet nie.

Ek glo elkeen het ‘n droom en daai droom in jou hart

is daar geplant om vir jou te wys wat jy kan wees.

Weet jy dat jou lig, helderder kan skyn?

Die stad se ligte, kan laat verdwyn?

Ek het hierdie liedjie die eerste keer live gehoor by ‘n optrede van “One Crown”, ‘n groep van Potchefstroom af. Die lied is op albei van hulle CD’s (“Grace” en “Verander”).

Die lied is geskryf die lede van One Crown.

Bethel Music: My soul sings


Open my eyes to see:

the wonderful mystery of Love.

Falling into You,

I’m drawn to the gravity of love.

We’re standing still in a moment of eternity.

Where worlds collide,Here is love - Bethel CD

and I feel the breath of heaven over me.

My soul sings

My soul sings

My soul sings

How I love You.

Open the page and see:

the wonderful history of Love.

I start and end with You,

I’m pulled by the gravity of Love.

We’re standing still in a moment of eternity.

Where worlds collide,

and I feel the breath of heaven over me.

My soul sings

My soul sings

My soul sings

How I love You.

I heard this song on the CD “Here is Love”, which was recorded by Bethel, at a live event.

It is written by Jonathan Thatcher, Martin Smith and Stuart Garrard. It is copyrighted by Curious? Music UK.

Lied van die week… Inleiding


Ek wil probeer om meer gereeld te blog.

Een van die goed wat ek nou en dan sien op ander se blogs, is dat hulle die woorde van liedjies opsit. Ek hou van musiek. So dit het my laat dink…

Ek wil my blog gebruik om sommer van my gunsteling liedjies se woorde met ander te deel. Ek hoop dat daar nou en dan iets spesiaal sal gebeur met ander, soos wat daar iets gebeur met my as ek na van hierdie musiek luister.

Ek het al gehoor dat mense sê dat musiek die hart van ‘n mens beïnvloed. Ek het dit ook al baie gevoel. So, hierdie is dan die inleiding van die reeks van musiek wat my hart raak…

Ek sal elke week probeer om ten minste ‘n Engelse liedjie se woorde op te sit. Maar aangesien hierdie my Afrikaanse blog is, sal ek ook probeer om ‘n Afrikaanse liedjie op te sit.

Ek is baie lief vir gospel musiek, soos Tree63, Third Day, Louis Brittz, Jesus Culture, Bethel, en so aan… Maar my musiekliefde word nie beperk tot gospel nie. So wees maar gereed vir nie-gospel musiek by tye.

Nog ‘n aspek van hierdie reeks, kom van een van my vriende af. Hy het al die idee gehad dat daar gepreek moet word oor die (moontlike) dieper betekenis van liedjies. Ek gaan hierdie idee by hom leen, en soms so bietjie skryf oor wat die liedjie vir my beteken.

So geniet dit…