4 dinge wat ek geleer het na 4 jaar se blogging


Ek het onlangs ‘n blogging-gemeentskap op Facebook gejoin. {Vir ander bloggers wat dalk nie bloggers wil ontmoet, volg net hierdie link.} Een van die files is “Blogiversaries”. Al is hierdie woord in Engels (wel, ‘n nuwe Engelse woord), is ek seker die gemiddelde blogger kan raai wat dit beteken. Ek het gaan kyk wanneer hierdie spesifieke blog begin het. My blogiversary is 30 September. En dit het in 2011 begin.

Dus is hierdie spesifieke blog nou 4 jaar oud. (My eerste blogsite is al 7 jaar oud!)

Ek het gedink ek gaan die geleentheid gebruik om 4 lesse wat ek geleer het oor blogging te deel – een les vir elke jaar wat ek al blog… Ja, regtig…

Ek skryf gewoonlik eers in Engels, vir my eerste blogsite. So as jy daar gaan kyk, sal jy 7 (+1) sien. Ek gaan die 4 belangrikste goed wat ek geleer het daar vat en net hier oor skryf en dalk meer of minder breedvoerig beskryf.

  • Moenie skuldig voel as jy nie elke dag iets plaas nie

Nie almal kan elke dag skryf nie. Ek het actually agter gekom dat die gemiddelde blogger (wat ek volg, ten minste), so een keer per week iets plaas.Ek het nog nie iemand gesien wat elke dag iets plaas nie.

Ek begin vrede maak daarmee om net een keer per week iets te plaas, en ook om nie skuldig te voel as ek nie elke dag iets plaas nie.

  • Skryf oor goed waarvan jy hou

Jy gaan nie noodwendig 1000e mense kry wat jou blog gaan lees nie. So kry iets waarvan jy hou, en skryf daaroor. En as jy oor 30 lukraak dinge wil skryf, by all means, doen dit. Tussen die 7+ biljoen mense op aarde, sal jy beslis paar lesers kry… En dalk kry jy die 1000e – maar dan sal dit wees omdat dit ‘n natuurlike proses is.

  • Om te skryf in ‘n ander taal as jou moedertaal is moeilik; om dit wat jy geskryf het in een taal en dan te vertaal in ‘n ander taal in, is ook nie so maklik nie.

My bloggery het in Engels begin. Ek weet nie hoekom ek gedink het dit sal oulik wees om in Engels te skryf nie. Ek weet wel vir my, wat Afrikaans is, was dit moeilik. Dis nogsteeds uitdagend.

Maar om die inhoud te vertaal van Engels na Afrikaans, is net so moeilik, indien nie moeiliker nie.

  • Hou aan oefen, al is dit moeilik

Ek dink nie ek sal ooit ‘n topverkoper boek kan skryf nie. Maar dit beteken nie ek gaan ophou skryf nie. Iemand het eenkeer genoem dat, hoe meer hulle skryf, hoe beter raak hulle. Ek lees vandag nog mense wat al vir langer as ek blog wie se meer spelfoute en sinsfoute as my blogs het. {Omdat ek weet ek is nie perfek nie, sal ek hulle nooit oordeel of uitlag nie.}

Oefening maak mens beter, nie net in sport nie, maar ook in skryf. So hou aan skryf.

  • Ekstra: Vra hulp; kyk uit vir ander se tips en idees

Ek het hierdie oulike Facebook-gemeenskap ontdek: The Blogging Elite. Ek vind dat daar nogal gawe tips gedeel word vir iemand soos ek. Gebruik hulle. Of soek vir jou ‘n ander bron waar jy kan hulp kry en waar jy uitgedaag kan word om ‘n beter skrywer en blogger kan word.

Hierdie is nie een van die tips nie, maar ek wil dit bysit, en dan ook afsluit daarmee.

Om iets te plaas, voel ALTYD persoonlik. Selfs al is dit nie dieselfde persoonlike aard as iets wat ek in my dagboek sou skryf nie, bly dit persoonlik. Dis omdat ek my tyd en energie daarin sit. En selfs al is dit sommer net ‘n plasing op ‘n ligter trant, het dit nogsteeds iets van myself gevat om dit te skryf en te plaas.

Advertisements

Beplan ‘n nuwe besigheid


Ek is nie ‘n besigheidsmens nie.

Ek is nie goed daarmee om ‘n nuwe besigheid te beplan nie.

Ek begin nou ‘n nuwe reeks: “Beplan ‘n nuwe besigheid”.

Ek het al lank ‘n droom om ‘n printing besigheid te begin, met ‘n fokus daarop om (aanvanklik) fotos en prente op koppies en hemde te print.

Om ‘n naam te kry vir ‘n besigheid, is moeiliker as wat ek kon dink. Ek wil nie my eie naam in die besigheid se naam gebruik nie. Die naam moet uniek wees. Dit moet ‘n naam wees wat maklik onthou kan word. Enige idees vir ‘n goeie naam? Ek sal enige voorstelle ernstig oorweeg.

My aanlyn leesstof


Ek gaan ‘n lysie maak van blogs wat ek graag lees.

As jy kyk op my blog, sal jy sien by een van die sidebars dat daar so ‘n lysie is. Hierdie spesifieke bloginskrywing sal mettertyd ‘n voorloper word om daardie lys volledig te maak (en behoorlik af te rond). Die lys sal verander soos wat tyd verloop, so kom loer so nou en dan.

  1. https://mycontemplations.wordpress.com/
  2. http://www.jorymicah.com/blog/ ……… As jy nie hou daarvan om uitgedaag te word nie, bly maar weg van hierdie blog af.
  3. http://www.thoughtleader.co.za/ ……… Hierdie is meer opinie-stukke op nuusgebeure. Ek hou daarvan.
  4. http://www.dailymaverick.co.za/ ……. Nuus, maar in ‘n minder formele manier vertel. Daar is ook die sidebar waar die opinionistas hulle opinie-stukke skryf.
  5. http://rachelheldevans.com/blog …….. Sy skryf nie so gereeld nie, maar as sy skryf, is dit die moeite werd om te lees.
  6. https://graceninjablog.wordpress.com/
  7. https://altacloete.wordpress.com/ …….. Ek het onlangs hierdie blog ontdek, nadat ek daarvan gelees het in Johan Smith se boek “In die donker put”.

Ten minste een keer per week


Ek maak hierdie verbintenis om ten minste een keer per week te skryf, oor verskeie onderwerpe, van “swaar” tot “lig”, en dan ook oor dinge soos my bucket list of oor boeke of my liefde vir koffie of flieks. Wat ek ook al voel ek wil skryf… En, soos wat ek weer dit geniet om te skryf, sal ek weer begin fokus op minder onderwerpe.

Vandag wil ek skryf oor iets wat ek al lank interessant vind.

Ek weet nie of hierdie iets is wat net vir my pla nie.

Ek koop ‘n spesifieke produk, wat R19,99 kos. Die till gee ‘n outomatiese “cash rounding“, na R19,95 of selfs R19,90. Maar die kleingeld wat ek terugkry is ‘n bedrag asof die produk R20 kos. Die till het blykbaar nie 5 of 10 sente nie.

Ek wonder altyd hoeveel “ekstra wins” ‘n winkel maak omdat hulle tills nie 5 of 10 sente het om te gee nie…

Goed, dit pla my nie regtig nie…

#Ekwondermaarnet

Tyd om weer te skryf


Die tyd het gekom dat ek weer moet begin skryf.

Ek het paar keer die afgelope paar maande gewonder.

  1. Wat is die topics (onderwerpe, ek weet), waaroor mense graag lees?
  2. Waarom stop iemand om iets te lees wat geskryf is?

Miskien wil jy hierdie vrae hier beantwoord?

  • Ek het hierdie verlede week al gepost, maar per ongeluk in my Engelse blog. So hier is dit nou weer, hopelik nou op die regte plek,