Category Archives: Vriende

Vriende, kennisse, kontakte… kollegas en familie


Iemand het op ‘n stadium vir my vertel dat mense drie tipes mense op hulle fone se kontaklys het:

  • Vriende
  • Kennissee
  • Kontakte

Hy het twee tipes uitgelaat, alhoewel ek sal wys dat hierdie twee tipes maklik by die ander drie in pas:

  • Kollegas
  • Familie

Ek wil ‘n paar woorde skryf oor elkeen van hierdie tipes mense.

Ek skryf so paar definisies. Ek het eenvoudig gaan Google. Ek het hierdie stuk eerste in Engels geskryf; eerste die definisies in Engels gesoek. Ek het die woorde “friends”, “acquaintances”, “contacts”, “family” en “colleagues” gesoek. Ek vertaal die definisies so bietjie vrylik na Afrikaans toe.

Definisies en verduidelikings

Google definieer ‘n vriend as “‘n persoon met wie iemand ‘n band van gemeenskaplike toegeneentheid, tipies een wat seksuele en familiale verhoudings uitsluit”. Mirriam-Webster (aanlyn) beskryf ‘n vriend as “een wat gebind is aan ‘n ander deur toegeneentheid en agting” en “een wat nie vyandig is nie”. Dictionary.com beskryf ‘n vriend as “‘n persoon wat verbind is aan ‘n ander deur gevoelens van toegeneentheid of persoonlike toegeneentheid en agting”, “‘n persoon wat hulp verleen” en “‘n persoon wat op goeie voet is met ‘n ander; ‘n persoon wat nie vyandig gesind is nie.”

Volgens Google is ‘n kennis “‘n persoon wat iemand effens ken, maar nie ‘n naby vriend is nie”. Mirriam-Webster (aanlyn) sê dat ‘n kennis “‘n persoon is wie iemand ken, maar wie nie ‘n spesifieke naby vriend is nie”. Dictionary.com beskryf ‘n kennis as “‘n persoon wat deur iemand geken word, maar normaalweg nie ‘n naby vriend is nie”.

“Kontak” in hierdie konteks is moeilik. Ek moes die term “business contact” (“besigheidskontak”) soek om die woord “kontak” in hierdie konteks te kon kry. “Besigheidskontak”, volgens Google, “beteken enige kommunikasie, kontak of interaksie wat plaasvind binne die konteks van die vestiging, ontwikkeling, instandhouding, bediening or andersins die uitbou van ‘n besigheidsverhouding of -transaksie…”.

‘n Kollega, volgens Google, is “‘n persoon saam met wie ‘n persoon werk in ‘n beroep of ‘n besigheid”. Mirriam-Webster (aanlyn) gee ‘n breër definisie: “‘n vennoot of mede-werker wat normaalweg in ‘n beroep of ‘n siviele of kerklike hoedanigheid is en meestal ‘n soortgelyke rang of staat beklee … ‘n mede werker of professionele persoon”.

Google beskryf familie op twee maniere. ‘n Familie is “‘n groep van een of meer ouers en hulle kinders wat saam woon in ‘n eenheid”, en “al die afstammelinge van ‘n gemeenskaplike voorouer”. Mirriam-Webster (aanlyn) definieer familie op soortgelyke maniere. ‘n Familie is “die basiese eenheid in die samelewing wat tradisioneel bestaan uit twee ouers wat hulle kinders opvoed”, maar voeg ‘n verdere verduideliking by: “ook: enige van verskeie sosiale eenhede wat anders lyk maar beskou word as soortgelyk aan die tradisionele familie”. Die tweede definisie van familie, is “‘n groep persone van gemeenskaplike afkoms” en “mense of groepe mense wat beskou word om van soortgelyke denkrigting is”. Dictionary.com beskryf familie as “‘n basiese sosiale eenheid wat bestaan uit ouers en hulle kinders, bestaande as ‘n groep, wat saam bly of nie saam bly nie”, as “‘n sosiale eenheid wat bestaan uit een of meer volwassenes, saam met die kinders wie hulle versorg”, as “die kinders van een persoon of een egpaar gesamentlik”, as “die metgesel en kinders van een persoon”, en as “enige groep mense wat gebind is aan mekaar deur bloed of huwelik, as ouers, kinders, ooms, tannies, nefies en niggies”.

Vriende, kennisse, kontakte

Tydens ‘n gesprek met ‘n kennis van my (een wat ek verkeerdelik gedink het ‘n vriend was op daardie stadium), het hierdie person die drie tipes soos volg beskryf:

‘n Kontak is al daardie “mense” (dit mag soms die nommer van die besigheid wees) wat jy sal kontak indien jy ‘n spesifieke diens of produk nodig het. Jy sal waarskynlik nie hierdie mense buite kantoorure bel nie.

‘n Kennis is iemand wat jy sal kontak indien jy een of ander diens of produk nodig het, wat jou sal verwys na iemand anders. Hy het ‘n voorbeeld gemaak van ‘n geleentheid wat jou kar nie werk nie. Jou kennis sal waarskynlik vir jou die nommer van iemand (of ‘n besigheid) gee wat gekontak kan word om die probleem te hanteer.

‘n Vriend is daardie persoon wat uit sy/haar pad sal gaan om jou te help, maak nie saak watter tyd van die dag of nag dit is nie.

Kollegas en famile

Streng gesproke is hierdie twee meer tipes mense wat in jou foon se kontaklys is. Hierdie twee tipes mense kan egter verdeel word in die vorige drie tipes in. Sommige kollegas kan so betroubaar wees soos naby vriende, terwyl sommige sommige familielede maar net nog ‘n kontak op jou foon wees.

My lesse oor vriendskap

Ek het ‘n paar lesse oor vriendskap geleer oor die laaste paar jare.

Een belangrike ding oor vriendskap wat ek geleer het, is gebasseer op wat ek hierbo geskryf het. Dit is belangrik om te onderskei tussen die kategorieë. En om versigtig te wees om iemand nie in die verkeerde kategorie te plaas nie.

Ek het tot die besef gekom dat ek neig om mense te gereeld in die verkeerde kategorie te plaas. Dit neig om te lei na verkeerde en onvervulde verwagtinge en kan maklik seer veroorsaak.

Hierdie is net een van baie lesse oor vriendskap wat ek geleer het oor die afgelope paar jaar. Oor die volgende paar weke sal ek terugkom na hierdie onderwerp oor lesse geleer oor vriendskap.