Kerklike kalender Week 27 (30 Mei 2021)


Die kerklike, Christelike kalender begin met Advent. Die 2020-2021 kalender het begin op 29 November 2020.

Vandag (30 Mei 2021) is die begin van week 27 op die kerklike kalender.

Die “gewone” kalender begin op ‘n Sondag, en vandag is die begin van week 22 (waar die eerste Sondag (03 Januarie) van die jaar die eerste week van die jaar se begin was).

Baie kerke in Suid-Afrika en regoor die wêreld gebruik leesroosters om hulle Sondae- en ander dienste en boodskappe uit te werk. Een van hierdie leesroosters, wat ook deur sommige gemeentes in die NG Kerk hier in Suid-Afrika gebruik word, is die Revised Common Lectionary. Ek gebruik ook meestal hierdie leesrooster se Bybelgedeeltes of -tekste.

Week 27 se tekste wat oor die algemeen gebruik word, is:

  • Johannes 3:1-17
  • Jesaja 6:1-8
  • Psalm 29
  • Romeine 8:12-17

Op die Christelike kalender is dit vandag die eerste Sondag van Koninkrykstyd. In heelwat Engelse kerke, is dit die “first Sunday after Pentecost”. Vandag is ook Drie-eenheid Sondag.

Kerklike kalender Week 24 (09 Mei 2021)


Die kerklike, Christelike kalender begin met Advent. Die 2020-2021 kalender het begin op 29 November 2020.

Vandag (09 Mei 2021) is die begin van week 24 op die kerklike kalender.

Die “gewone” kalender begin op ‘n Sondag, en vandag is die begin van week 19 (waar die eerste Sondag (03 Januarie) van die jaar die eerste week van die jaar se begin was).

Baie kerke in Suid-Afrika en regoor die wêreld gebruik leesroosters om hulle Sondae- en ander dienste en boodskappe uit te werk. Een van hierdie leesroosters, wat ook deur sommige gemeentes in die NG Kerk hier in Suid-Afrika gebruik word, is die Revised Common Lectionary. Ek gebruik ook meestal hierdie leesrooster se Bybelgedeeltes of -tekste.

Week 24 se tekste wat oor die algemeen gebruik word, is:

  • Handelinge 10:44-48
  • Psalm 98
  • 1 Johannes 5:1-6
  • Johannes 15:9-17

Op die Christelike kalender is dit vandag die sesde Sondag van Paastyd.

Gedurende week 24 op die Christelike kalender, herdenk on sook die dag van Jesus se hemelvaart, op Donderdag, 13 Mei 2021. Daar is ‘n paar tekste op die leesrooster vir hierdie dag ook. Hierdie tekste is:

  • Psalm 47
  • Handelinge 1:1-11
  • Efesiërs 1:15-23
  • Lukas 24:44-53

Star Wars dae: 04 & 05 Mei


Ek het nog nooit ‘n hele Star Wars fliek gekyk nie. Dele van een of twee Star Wars flieks, maar nog nooit ‘n hele fliek nie.

Ek weet genoeg van Star Wars, om te weet dat Geoge Lucas dit ontwikkel het. Ek weet dat akteurs wat deel was van die Star Wars franchise mense soos Mark Hamill, Harrison Ford, Carrie Fisher, James Earl Jones, Ewan McGregor en Natalie Portman insluit. Ek weet ook dat sommige van die karaktes Luke Skywalker, Han Solo, Prinses Leia, Obi-Wan Kenobi en natuurlik Darth Vader insluit. Die hoof protagonist in Star Wars is die Jedi Knights, terwyl die hoof antagoniste die Sith Order is.

Ek is ‘n Star Trek fan. Star Wars en Star Trek het ‘n paar dinge in gemeen. Beide het massiewe groepe volgelinge. Beide bestaan uit ‘n paar flieks, ‘n paar reeks, baie boeke en ‘n paar speletjies as deel van die franchise.

Een impak van Star Wars op die wêreld, is die Engelse frase “May the Force be with you”.

May the Fourth be with you [Bron: Gadgets 360]

Die vierde dag van Mei-maand het Star Wars Dag geword. Die eerste viering van Star Wars Dag was gereël in 2011. Die frase “May the Force be with you”, was maklik aangepas om die bekende sê-ding wat verbind word met Star Wars Dag te word: “May the fourth be with you”. “Mag die Vierde met hou wees” werk nie regtig hiervoor nie. Daarom gebruik ek nou maar die Engelse frases.

Die term “may the fourth be with you” was egter die eerste keer verbind met die Britse politikus Margaret Thatcher. Op 3 Mei 1979 was sy verkies as die Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk. Sy was geluk gewens deur die Konserwatiewe Party (haar party) in ‘n advertensie in een van die koerante, met die frase “May the Fourth Be with You, Maggie. Congratulations”.

The “may the fourth” frase kom in ander plekke en tye ook voor.

In die 1988 Count Duckula episode “The Vampire Strikes Back”, vra een van die superheroes (Tremendous Terrance) vir Duckula wat die datum is. Die antwoord: “May the Fourth” (“Die vierde Mei”). Terrance sê dan vir almal “May the Fourth Be with You”, wanneer hy vertrek.

In haar 1994 boek “The Science of Star Wars”, gebruik Jeanne Cavelos ook hierdie sê-ding. In 2008 begin die eerste Facebook groepe verskyn wat “Luke Skywalker Dag” vier. Hierdie selfde frase word ook gebruik.

So het ons dan vandag die vierde Mei as Star Wars Dag, ‘n dag waarop almal – meestal Star Wars fans, maar ander ook – mense “May the Fourth be with you” toewens.

Sommige mense herdenk die vyfde Mei as “Revenge of the Fifth”. Dit is ‘n sinspeling op die derde Star Wars fliek “Revenge of the Sith”. Op hierdie dag word die Sith Lord en ander skurke (villains) in Star Wars, in plaas van die Jedi, gevier.

Revenge of the Fifth [Bron: heavy.com]

Vir my, ‘n nie-fan van Star Wars, is hierdie dinge sommer net interessant.

Dalk is jy baie meer geïnteresseerd. Vir jou wens ek dan ‘n wonderlike Star Wars Dag, Deel 2, toe.

My stryd met gewig


Meeste van ons sou sê dat 2020 ‘n merkwaardige jaar was. Merkwaardig op baie maniere.

Sommiges het besluit om ‘n nuwe stokperdjie te begin of beter te raak met ‘n bestaande stokperdjie.

Sommiges het besluit om meer te lees.

Sommige het besluit om te werk aan hulle gesondheid.

Meeste mense het besluit om meer as een ding te doen tydens hierdie jaar van lockdown (skies, ek sukkel om lockdown te vertaal met “grendeltyd”).

Een van die dinge wat ek besluit het om te doen tydens 2020, was om te werk aan my gewig. Ek wou gewig verloor het in 2020.

Aan die begin van 2020 het ek meer as 110kg geweeg. Vir ‘n lang tyd nou al het ek hierdie droom om minder as 90kg te weeg. In ideale omstandighede sale k nie omgee om omtrent 80kg te weeg nie.

Hoekom sal iemand nou kies om gewig te verloor? Ek het die laaste paar jare ongemaklik gevoel wanneer ek sekere dinge gedoen het. Ongemaklik wanneer ek klein dinge doen, soos om my skoenveters vas te maak. Nie groot dinge nie. Dit het egter genoeg geword sodat ek gewig wil verloor.

Gedurende die jaar het ek spesiaal aandag begin gee aan wat ek eet. Ek het probeer om gesonder opsies te kies as ek iets eet. In plaas van wit brood, kies ek om volgraan brood te eet. In plaas van “normale” pasta, eet ek eerder die volgraan pasta. Ek het ook van my ander eetgewoontes voortgesit; dinge soos om Weet-Bix of Nutrific te eet vir ontbyt.

Ek hou van Fanta en Coca-Cola. Ek het besluit om minder van hierdie soort koeldrank te drink, end it te vervang met sap. Veral mango sap en lemoen sap met die vessel in (soos Clover se Krush).

Iets wat ek ook nou al vir baie jare doen, is om elke dag te gaan stap. Ek het besluit om langer afstande te gaan stap, en het gemik daarna om fiks genoeg te word om daagliks te draf. My mikpunt was om uiteindelik ten minste 2km elke dag, en ten minste twee dae in ‘n week 5km, te draf.

En dit het gewerk. Op ‘n stadium in verlede jaar het ek omtrent 95kg geweeg. Dit het wonderlik gevoel.

Maar… Maar…

Êrens gedurende die Desember “vakansie” het ek gesukkel om gereeld te gaan draf. Ek was in Pongola, en het baie warm weer beleef in daardie omgewing. Ek het regtig gesukkel om elke dag te draf. Dit was ‘n terugslag vir my mikpunt om daagliks te draf. Vandag is ek weer op my daaglikse staproete. Ek werk weer aan my fiksheid.

In daardie tyd het ek ook my eetgewoontes gebreek. Ek het groter etes geëet, asook minder vessel-tipe etes.

Uiteindelik het my gewig weer opgegaan na meer as 105kg.

Die laaste paar weke het ek weer begin. Ek het nooit ophou stap nie, so dit gaan steeds aan. Met tyd wil ek weer begin draf. Ek is ook versigtig met wat ek eet.

Vanoggend het ek myself geweeg. My gewig was 105.5kg. In die res van 2021 is my mikpunt om weer minder as 95kg te weeg aan die einde van 2021. Uiteindelik wil wk minder as 80kg weeg.

Mettertyd sal ek my oefeninge vermeerder en ‘n meer effektiewe eetplan uitwerk.

Kerklike kalender Week 24 (03 Mei 2021)


Die kerklike, Christelike kalender begin met Advent. Die 2020-2021 kalender het begin op Sondag, 29 November 2020.

Week 24 van die kerklike kalender begin op 09 Mei 2021.

Die “gewone” kalender begin ook op ‘n Sondag, en 09 Mei 2021 is die begin van week 19 (waar die eerste Sondag (03 Januarie) van die jaar die eerste week van die jaar se begin was) wees.

Baie kerke in Suid-Afrika en regoor die wêreld gebruik leesroosters om hulle Sondae- en ander dienste en boodskappe uit te werk. Een van hierdie leesroosters, wat ook deur sommige gemeentes in die NG Kerk hier in Suid-Afrika gebruik word, is die Revised Common Lectionary. Ek gebruik ook meestal hierdie leesrooster se Bybelgedeeltes of -tekste.

Week 24 se tekste wat oor die algemeen gebruik word, is:

  • Handelinge 10:44-48
  • Psalm 98
  • 1 Johannes 5:1-6
  • Johannes 15:9-17

Op die Christelike kalender sal 09 Mei 2021 ook die vyfde Sondag van Paastyd wees.

Gedurende week 24, op Donderdag, 13 Mei 2021, word Opstandingsondag herdenk.

Kerklike kalender Week 23 (02 Mei 2021)


Die kerklike, Christelike kalender begin met Advent. Die 2020-2021 kalender het begin op 29 November 2020.

Vandag (02 Mei 2021) is die begin van week 23 op die kerklike kalender.

Die “gewone” kalender begin op ‘n Sondag, en vandag is die begin van week 18 (waar die eerste Sondag (03 Januarie) van die jaar die eerste week van die jaar se begin was).

Baie kerke in Suid-Afrika en regoor die wêreld gebruik leesroosters om hulle Sondae- en ander dienste en boodskappe uit te werk. Een van hierdie leesroosters, wat ook deur sommige gemeentes in die NG Kerk hier in Suid-Afrika gebruik word, is die Revised Common Lectionary. Ek gebruik ook meestal hierdie leesrooster se Bybelgedeeltes of -tekste.

Week 23 se tekste wat oor die algemeen gebruik word, is:

  • Handelinge 8:26-40
  • Psalm 22:25-31
  • 1 Johannes 4:7-21
  • Johannes 15:1-8

Op die Christelike kalender is dit vandag die vierde Sondag van Paastyd.