Vryheidsdag in Suid-Afrika


27 April 1994. In Suid-Afrika. Die eerste keer. Wat almal in Suid-Afrika die geleentheid gehad het om die regering te kon kies. Die eerste keer wat almal ten volle kon deelneem aan die proses van politieke leiers kies van die land waarin hulle gebore is.

Gelukkige Vryheidsdag [Bron: Active change drivers]

Die eerste volledige demokrasie verkiesing is vandag, 27 jaar gelede, gehou in Suis-Afrika. Enige persoon van 18 jaar en ouer kon op hierdie dag gaan stem het vir die nuwe regering.

Hierdie was ‘n groot dag op die Suid-Afrikaanse kalender. Dit word deur baie beskryf as die dag waarop die skeiding van mense op grond van ras finaal afgeskaf is.

Dit is geag as so ‘n belangrike dag, dat hierdie dag jaarliks herdenk word as “Vryheidsdag”. Dit is dan ook een van Suid-Afrika se amptelike openbare vakansiedae.

As ons luister na mense se geleefde werklikhede, sal ons egter ook moet erken dat hierdie vryheid ongelukkig nog net ‘n politieke vryheid is, in die sin dat elkeen elke paar jaar mag stem vir die regering.

Daar is baie ongelykhede – veral ekonomiese ongelykhede – wat mense nog laat voel dat hulle nog nie werklik vry is nie. Ons almal sien ook hierdie ongelykhede oral om ons.

Op 27 April 1996 het President Nelson Mandela, in ‘n toespraak tydens Vryheidsdagvieringe, die volgende inleidende woorde gesê:

“For generations to come, the abiding image of a patient citizenry in long voting queues on 27 April 1994, will remain deeply etched in the collective memory of the nation.

“As the world held its breath, South Africans together made their mark to bring into being one of the truly remarkable events of this turbulent century. Once more, we affirmed a truism of human history: that the people are their own liberators.”

Die mense is hulle eie bevryders.

Daar word gereeld die vraag gevra: Wat beteken Vryheidsdag vir jou?

Baie mense sê dit is die viering van die afskaffing van Apartheid in Suid-Afrika. Ander beskryf dit ook as die dag waarop hulle eie persoonlike vryheid gevier word of dat dit ‘n dag is om die geleentheid om te kan besluit oor die toekoms van die land (deur te stem) te vier.

Dit is ongelukkig ook waar dat baie mense sê dat hierdie dag niks beteken vir hulle nie. Mense wat voorheen nie vryheid beleef het nie, maar ook mense wat voel hulle vryheid is van hulle af weggeneem.

“The people are their own liberators.”

Ten spyte van omstandighede wat lyk of almal nog nie vryheid het nie, kom ons werk daaraan om vryheid vir alle mense werklik te laat word. Vryheid van onderdrukking deur ander mense. Vryheid van armoede. Vryheid van die gevoel dat ek nie meer vry is nie net omdat iemand anders vry is. Vryheid, waar almal daardie vryheid kan beleef.

Die mense van Suid-Afrika [Bron: FinGlobal]

Kerklike kalender Week 23 (27 April 2021)


Die kerklike, Christelike kalender begin met Advent. Die 2020-2021 kalender het begin op Sondag, 29 November 2020.

Week 23 van die kerklike kalender begin op 02 Mei 2021.

Die “gewone” kalender begin ook op ‘n Sondag, en 02 Mei 2021 is die begin van week 18 (waar die eerste Sondag (03 Januarie) van die jaar die eerste week van die jaar se begin was) wees

Baie kerke in Suid-Afrika en regoor die wêreld gebruik leesroosters om hulle Sondae- en ander dienste en boodskappe uit te werk. Een van hierdie leesroosters, wat ook deur sommige gemeentes in die NG Kerk hier in Suid-Afrika gebruik word, is die Revised Common Lectionary. Ek gebruik ook meestal hierdie leesrooster se Bybelgedeeltes of -tekste.

Week 23 se tekste wat oor die algemeen gebruik word, is:

  • Handelinge 8:26-40
  • Psalm 22:25-31
  • 1 Johannes 4:7-21
  • Johannes 15:1-8

Op die Christelike kalender sal 02 Mei 2021 ook die vyfde Sondag van Paastyd wees.

Kerklike kalender Week 22 (25 April 2021)


Die kerklike, Christelike kalender begin met Advent. Die 2020-2021 kalender het begin op 29 November 2020.

Vandag (25 April 2021) is die begin van week 22 op die kerklike kalender.

Die “gewone” kalender begin op ‘n Sondag, en vandag is die begin van week 15 (waar die eerste Sondag (03 Januarie) van die jaar die eerste week van die jaar se begin was).

Baie kerke in Suid-Afrika en regoor die wêreld gebruik leesroosters om hulle Sondae- en ander dienste en boodskappe uit te werk. Een van hierdie leesroosters, wat ook deur sommige gemeentes in die NG Kerk hier in Suid-Afrika gebruik word, is die Revised Common Lectionary. Ek gebruik ook meestal hierdie leesrooster se Bybelgedeeltes of -tekste.

Week 22 se tekste wat oor die algemeen gebruik word, is:

  • Johannes 10:11-18
  • Handelinge 4:5-12
  • Psalm 23
  • 1 Johannes 3:16-24

Op die Christelike kalender is dit vandag die vierde Sondag van Paastyd. Dit is ook bekend as Goeie Herder Sondag.

World Book Night op 23 April 2021


Ek het gister ‘n post gesien op Facebook. Gister was “Wêreld boek dag”. Tegnies is dit waar, maar nie die hele storie nie.

Ek het na die “days of the year” website gegaan. Ek het gesien dat dit eintik “Wêreld Boek Nag” was.

Dit is ‘n dag wat gegroei het uit “Wêreld Boek Dag”, wat in Maart gevier word. Dit is ‘n dag waarop kinders aangemoedig word om meer boeke te lees. Wêreld Boek Nag is ‘n dag (oftewel ‘n nag) om volwassenes aan te moedig om meer boeke te lees.

Dit is in 2011 geloots, en was die idee van ‘n mediese doktor, Jamie Byng. In 2012 het die dag geskuif vanaf Maart na April, om saam te val met UNESCO se Internasionale Dag van die Boek. In 2012 en 2013 het die V.S.A. ook die dag begin vier.

Die persoon wat die post oor Wêreld Boek Dag gedeel het, geniet dit om te lees. As dit nie vir hom was nie, sou ek nie geweet het van hierdie dag nie. Ek het nie sy toestemming gevra om sy naam op my blog te deel nie. Ek hoop om hierdie dag volgende jaar te onthou, en hom te vra of ek sy naam volgende jaar mag deel.

Hy het sy “Facebook virende” uitgedaag met ‘n vraag. Deel een godsdienste skrywer en een nie-godsdienstige skrywer van wie jy hou, asook een van elkeen van hulle se boeke.

Dit het my inspireer om hierdie blog te skryf. En om aan ‘n ander vraag te dink. ‘n Uitdaging. ‘n Idee.

Maak ‘n lys van omtrent twintig boeke wat ek wil lees oor die volgende paar maande. Ek lees Afrikaans en Engels. Sommige van die boeke het ek al vantevore gelees, maar ek sal dit weer wil lees.

  • “Kry styl – Jesus s’n” deur Stephan Joubert
  • “Leef lig” deur Jaco Strydom
  • “Soul survivor” deur Philip Yancey
  • “Magspel” deur Cecile Cilliers
  • “Ek kies steeds die kerk” deur Neels Jackson
  • “Exclusion and Embrace” deur Miroslav Volf
  • “Confessions oor kerkwees” deur Jaco Strydom
  • “Hoe om die Bybel reg te lees” deur Stephan Joubert
  • “Ek wil nie die kaarte hê nie” deur Roelf Opperman
  • “Omdraai, Wegdraai” deur Willem Pretorius
  • “Star Trek: The Next Generation – All good things…” deur Michael Jan Friedman
  • “The power of vision” deur Andy Stanley
  • “A promised land” deur Barack Obama
  • “Becoming” deur Michelle Obama
  • “Everything is spiritual” deur Rob Bell
  • “Star Trek: The original series – The motion picture” deur Gene Roddenberry
  • “Star Trek: Deep Space Nine – Emissary” deur J.M. Dillard, Michael Piller & Rick Berman
  • “Star Trek: Voyager – The caretaker” deur L.A. Graf, Michael Piller, Jeri Taylor & Rick Berman
  • “Star Trek: Enterprise – Broken bow” deur Diane Carey, Rick Berman & Brannon Braga
  • “Star Trek: Titan – Taking wing” deur Michael A. Martin & Andy Mangels
  • Die Spud reeks deur John van de Ruit [Ek weet daar is vier in die reeks, maar ek kategoriseer dit as een]
  • Die Harry Potter reeks [Ek weet daar is sewe of agt in die reeks, maar ek kategoriseer dit as een]

Vriende, kennisse, kontakte… kollegas en familie


Iemand het op ‘n stadium vir my vertel dat mense drie tipes mense op hulle fone se kontaklys het:

  • Vriende
  • Kennissee
  • Kontakte

Hy het twee tipes uitgelaat, alhoewel ek sal wys dat hierdie twee tipes maklik by die ander drie in pas:

  • Kollegas
  • Familie

Ek wil ‘n paar woorde skryf oor elkeen van hierdie tipes mense.

Ek skryf so paar definisies. Ek het eenvoudig gaan Google. Ek het hierdie stuk eerste in Engels geskryf; eerste die definisies in Engels gesoek. Ek het die woorde “friends”, “acquaintances”, “contacts”, “family” en “colleagues” gesoek. Ek vertaal die definisies so bietjie vrylik na Afrikaans toe.

Definisies en verduidelikings

Google definieer ‘n vriend as “‘n persoon met wie iemand ‘n band van gemeenskaplike toegeneentheid, tipies een wat seksuele en familiale verhoudings uitsluit”. Mirriam-Webster (aanlyn) beskryf ‘n vriend as “een wat gebind is aan ‘n ander deur toegeneentheid en agting” en “een wat nie vyandig is nie”. Dictionary.com beskryf ‘n vriend as “‘n persoon wat verbind is aan ‘n ander deur gevoelens van toegeneentheid of persoonlike toegeneentheid en agting”, “‘n persoon wat hulp verleen” en “‘n persoon wat op goeie voet is met ‘n ander; ‘n persoon wat nie vyandig gesind is nie.”

Volgens Google is ‘n kennis “‘n persoon wat iemand effens ken, maar nie ‘n naby vriend is nie”. Mirriam-Webster (aanlyn) sê dat ‘n kennis “‘n persoon is wie iemand ken, maar wie nie ‘n spesifieke naby vriend is nie”. Dictionary.com beskryf ‘n kennis as “‘n persoon wat deur iemand geken word, maar normaalweg nie ‘n naby vriend is nie”.

“Kontak” in hierdie konteks is moeilik. Ek moes die term “business contact” (“besigheidskontak”) soek om die woord “kontak” in hierdie konteks te kon kry. “Besigheidskontak”, volgens Google, “beteken enige kommunikasie, kontak of interaksie wat plaasvind binne die konteks van die vestiging, ontwikkeling, instandhouding, bediening or andersins die uitbou van ‘n besigheidsverhouding of -transaksie…”.

‘n Kollega, volgens Google, is “‘n persoon saam met wie ‘n persoon werk in ‘n beroep of ‘n besigheid”. Mirriam-Webster (aanlyn) gee ‘n breër definisie: “‘n vennoot of mede-werker wat normaalweg in ‘n beroep of ‘n siviele of kerklike hoedanigheid is en meestal ‘n soortgelyke rang of staat beklee … ‘n mede werker of professionele persoon”.

Google beskryf familie op twee maniere. ‘n Familie is “‘n groep van een of meer ouers en hulle kinders wat saam woon in ‘n eenheid”, en “al die afstammelinge van ‘n gemeenskaplike voorouer”. Mirriam-Webster (aanlyn) definieer familie op soortgelyke maniere. ‘n Familie is “die basiese eenheid in die samelewing wat tradisioneel bestaan uit twee ouers wat hulle kinders opvoed”, maar voeg ‘n verdere verduideliking by: “ook: enige van verskeie sosiale eenhede wat anders lyk maar beskou word as soortgelyk aan die tradisionele familie”. Die tweede definisie van familie, is “‘n groep persone van gemeenskaplike afkoms” en “mense of groepe mense wat beskou word om van soortgelyke denkrigting is”. Dictionary.com beskryf familie as “‘n basiese sosiale eenheid wat bestaan uit ouers en hulle kinders, bestaande as ‘n groep, wat saam bly of nie saam bly nie”, as “‘n sosiale eenheid wat bestaan uit een of meer volwassenes, saam met die kinders wie hulle versorg”, as “die kinders van een persoon of een egpaar gesamentlik”, as “die metgesel en kinders van een persoon”, en as “enige groep mense wat gebind is aan mekaar deur bloed of huwelik, as ouers, kinders, ooms, tannies, nefies en niggies”.

Vriende, kennisse, kontakte

Tydens ‘n gesprek met ‘n kennis van my (een wat ek verkeerdelik gedink het ‘n vriend was op daardie stadium), het hierdie person die drie tipes soos volg beskryf:

‘n Kontak is al daardie “mense” (dit mag soms die nommer van die besigheid wees) wat jy sal kontak indien jy ‘n spesifieke diens of produk nodig het. Jy sal waarskynlik nie hierdie mense buite kantoorure bel nie.

‘n Kennis is iemand wat jy sal kontak indien jy een of ander diens of produk nodig het, wat jou sal verwys na iemand anders. Hy het ‘n voorbeeld gemaak van ‘n geleentheid wat jou kar nie werk nie. Jou kennis sal waarskynlik vir jou die nommer van iemand (of ‘n besigheid) gee wat gekontak kan word om die probleem te hanteer.

‘n Vriend is daardie persoon wat uit sy/haar pad sal gaan om jou te help, maak nie saak watter tyd van die dag of nag dit is nie.

Kollegas en famile

Streng gesproke is hierdie twee meer tipes mense wat in jou foon se kontaklys is. Hierdie twee tipes mense kan egter verdeel word in die vorige drie tipes in. Sommige kollegas kan so betroubaar wees soos naby vriende, terwyl sommige sommige familielede maar net nog ‘n kontak op jou foon wees.

My lesse oor vriendskap

Ek het ‘n paar lesse oor vriendskap geleer oor die laaste paar jare.

Een belangrike ding oor vriendskap wat ek geleer het, is gebasseer op wat ek hierbo geskryf het. Dit is belangrik om te onderskei tussen die kategorieë. En om versigtig te wees om iemand nie in die verkeerde kategorie te plaas nie.

Ek het tot die besef gekom dat ek neig om mense te gereeld in die verkeerde kategorie te plaas. Dit neig om te lei na verkeerde en onvervulde verwagtinge en kan maklik seer veroorsaak.

Hierdie is net een van baie lesse oor vriendskap wat ek geleer het oor die afgelope paar jaar. Oor die volgende paar weke sal ek terugkom na hierdie onderwerp oor lesse geleer oor vriendskap.

Winter is oppad


Ek het vanoggend ‘n koue lug beleef toe ek my deur oopgemaak het.

Dit is herfs in Suid-Afrika. Dit behoort afkoel en koud word. Dit is een van die eienskappe van herfs en winter.

Ek hou normaalweg my deur oop vir vars lug. Waar ek bly, het ek nie vensters wat ek kan oopmaak nie. Net deure. Vanoggend, toe ek die koeligheid voel, het ek my deur weer toegemaak.

Daar was ‘n koue in die ligte wind wat gewaai het vanoggend. Ons het al winde ervaar hierdie week. Vanoggend se wind was die eerste koue wind hierdie jaar.

Winter is regtig oppad.

Ek bly in die Rustenburg omgewing in die Noordwes provinsie. Oor die jare het ons nie gereeld baie koue weer gehad het nie. Ek kan twee of drie winters oor die afgelope 20 jaar onthou wat regtig koud was. Soveel so, dat mense actually gekla het oor hoe koud dit was. Selfs in daardie jare het die regte koue tye omtrent ‘n week van die jaar geduur.

Ek sê nie da tons nie warmer klere dra tydens die wintermaande nie. Ek sê weld at ons nie baie dik warm klere dra nie. Ten minste nie soos mense in plekke soos Potchefstroom (Tlokwe) of Standerton (en baie ander plekke in Mpumalanga) nie.

Ek kan ook nie lang winters onthou nie. Ook nie koue herfsdae nie.

Vanoggend was egter koud gewees. Dit is nou net na 12:00 in die middag. Ek dra nog my baadjie.

My weer-app vertel vir my dat ons oor die volgende paar dae minimum temperature van so 9 grade Celsius sal beleef en maksimum temperature van so 25 grade in die dag. Dit is koud. Vir Rustenburg.

Sterkte aan elkeen wat in kouer omgewings lewe. Dit lyk vir my dat daar ‘n koue en ‘n lang winter vir ons voorlê.

Kerklike kalender Week 22 (19 April 2021)


Die kerklike, Christelike kalender begin met Advent. Die 2020-2021 kalender het begin op Sondag, 29 November 2020.

Week 22 van die kerklike kalender begin op 25 April 2021.

Die “gewone” kalender begin ook op ‘n Sondag, en 25 April 2021 is die begin van week 17 (waar die eerste Sondag (03 Januarie) van die jaar die eerste week van die jaar se begin was) wees

Baie kerke in Suid-Afrika en regoor die wêreld gebruik leesroosters om hulle Sondae- en ander dienste en boodskappe uit te werk. Een van hierdie leesroosters, wat ook deur sommige gemeentes in die NG Kerk hier in Suid-Afrika gebruik word, is die Revised Common Lectionary. Ek gebruik ook meestal hierdie leesrooster se Bybelgedeeltes of -tekste.

Week 20 se tekste wat oor die algemeen gebruik word, is:

  • Johannes 10:11-18
  • Handelinge 4:5-12
  • Psalm 23
  • 1 Johannes 3:16-24

Kerklike kalender Week 21 (18 April 2021)


Die kerklike, Christelike kalender begin met Advent. Die 2020-2021 kalender het begin op 29 November 2020.

Vandag (18 April 2021) is die begin van week 21 op die kerklike kalender.

Die “gewone” kalender begin op ‘n Sondag, en vandag is die begin van week 14 (waar die eerste Sondag (03 Januarie) van die jaar die eerste week van die jaar se begin was).

Baie kerke in Suid-Afrika en regoor die wêreld gebruik leesroosters om hulle Sondae- en ander dienste en boodskappe uit te werk. Een van hierdie leesroosters, wat ook deur sommige gemeentes in die NG Kerk hier in Suid-Afrika gebruik word, is die Revised Common Lectionary. Ek gebruik ook meestal hierdie leesrooster se Bybelgedeeltes of -tekste.

Week 21 se tekste wat oor die algemeen gebruik word, is:

  • Lukas 24:36b-48
  • Handelinge 3:12-19
  • Psalm 4
  • 1 Johannes 3:1-7

Kerklike kalender Week 20


Die kerklike, Christelike kalender begin met Advent. Die 2020-2021 kalender het begin op 29 November 2020.

Week 20 van die kerklike kalender begin op 11 April 2021.

Die “gewone” kalender begin op ‘n Sondag, en 11 April 2021 sal die begin van week 15 (waar die eerste Sondag (03 Januarie) van die jaar die eerste week van die jaar se begin was) wees

Baie kerke in Suid-Afrika en regoor die wêreld gebruik leesroosters om hulle Sondae- en ander dienste en boodskappe uit te werk. Een van hierdie leesroosters, wat ook deur sommige gemeentes in die NG Kerk hier in Suid-Afrika gebruik word, is die Revised Common Lectionary. Ek gebruik ook meestal hierdie leesrooster se Bybelgedeeltes of -tekste.

Week 20 se tekste wat oor die algemeen gebruik word, is:

  • Handelinge 4:32-35
  • Psalm 133
  • 1 Johannes 1:1-10, 2:1-2
  • Johannes 20:19-31

Kerklike kalender Week 19


Die kerklike, Christelike kalender begin met Advent. Die 2020-2021 kalender het begin op 29 November 2020.

Gister (04 April 2021) was die begin van week 19 op die kerklike kalender.

Die “gewone” kalender begin op ‘n Sondag, en gister was die begin van week 14 (waar die eerste Sondag (03 Januarie) van die jaar die eerste week van die jaar se begin was).

Baie kerke in Suid-Afrika en regoor die wêreld gebruik leesroosters om hulle Sondae- en ander dienste en boodskappe uit te werk. Een van hierdie leesroosters, wat ook deur sommige gemeentes in die NG Kerk hier in Suid-Afrika gebruik word, is die Revised Common Lectionary. Ek gebruik ook meestal hierdie leesrooster se Bybelgedeeltes of -tekste.

Week 19 se tekste wat oor die algemeen gebruik word, is:

  • Handelinge 10:34-43
  • Jesaja 25:6-9
  • Psalm 118:1-2, 118:14-24
  • Markus 16:1-8

Die Revised Common Lectionary het vir hierdie week ook ‘n ander moontlike teks wat gebruik kan word:

  • Johannes 20:1-18