Frustrasie met internet


Die laaste paar weke het ek regtig gesukkel met my internet…

Ek gebruik MTN as my internet verskaffer. Oral waar ek werk, lyk dit of dit ‘n “MTN deadzone” is… Ek werk agter in ‘n skryfbehoeftes winkel, en ek het omtrent geen internet daar nie.

Soms werk ek in Dros of Mugg and Bean… Dit lyk ook of daar omtrent geen internet opvangs in hierdie twee restaurante is nie.

Toevallig is al hierdie winkels binne 400m vanaf ‘n MTN winkel af (een in die Rustenburg Square en een in die Waterfall Mall. Wanneer ek my modem na iemand by een van die winkels vat, werk dit perfek. Ek is seker dat hulle almal al dink ek is ‘n leuenaar!

‘n Foto ‘n dag…


Een van my nuwejaarsvoornemens is om meer foto’s te neem.

‘n Paar maande gelede het ek ‘n fotografie-blog begin… As deel van hierdie nuwejaarsvoorneme, wil ek probeer om gemiddeld een foto per dag te plaas.

Hierdie foto’s sal dalk foto’s wees wat ek self geneem het (wat meestal die geval sal wees), of dit sal dalk ‘n foto van iemand anders wees waarvan ek baie gehou het. Indien dit iemand anders se foto is, sale k altyd my bes doen om erkenning aan daardie persoon te gee (of ten minste te noem waar ek dit gekry het.

Die enigste vereiste is dat ek dit foto’s hierdie jaar geneem het, of dat ek die foto hierdie jaar vir die eerste keer gesien het.

My pad na ‘n gesonder lewe(nsstyl)


Ek probeer hierdie stuk geskryf kry vir die afgelope drie weke. Ek het al baie geskryf voor vandag (12 Januarie 2013). Soos wat ek nou weer daardeur lees, besef ek weer hoe baie ek daaraan verander.

My oorspronklike gedagte met hierdie stuk, was om te praat oor een van my nuwejaarsvoornemens: om gewig te verloor, gesond te raak en fiks te raak. Die basiese gedagtes bly dieselfde, maar die woorde verander baie…

So, sonder dat jy as leser dit besef, hier gaan ek WEER…

Ek probeer al lank om omtrent 100kg te weeg.

Indien ‘n persoon wil gewig verloor, is daar ‘n paar basiese dinge wat jy moet doen, soos:

  • Oefen!
  • Reg eet
  • Wel, dit is al waaraan ek kan dink vir nou…

Ek het hierdie amazingly awesome gym-kontrak by Virgin Active – nou al vir omtrent drie jaar (ek sal in een van my volgende inskrywings ‘n meer presiese tydperk gee).

Ek onthou die eerste jaar van my oefeninge baie goed. Ek het omtrent vyf (5) keer per week geoefen – en ernstig geoefen! Ek moet sê, ek het nogal fiks geraak ook (alhoewel waarskynlik nie Comrades-hardloop fiks nie!).

Êrens na daardie eerste omtrent twaalf maande het iets egter gebeur… Ek het moeg geraak van hard oefen, en “net” so twee (2) kilogram per maand verloor… Ek het nie regtig ernstig gedink dat dit ‘n proses is om gewig te verloor nie… En ek het ook nie regtig, ten spyte van my oefen-program, super gesond geëet nie.

Ek dink ek het verkeerde verwagtinge ook gehad… Ek het verwag dat gym altyd awesome sal wees… Ek het verwag dat gewigsverlies sal kom sonder ‘n beter eetplan… Ek het verwag dat fiksheid sal kom binne ‘n jaar…

In die volgende jaar en ‘n half (omtrent 18 maande) het ek baie wisselvallig geoefen… En baie minder gesond geëet. Ek het darem altyd binne so ‘n mikpunt gewig van so net onder 130kg geweeg (nadat ek op ‘n stadium omtrent 120kg geweeg het!).

Ek het omtrent so ses (6) keer per maand geoefen, net om my Discoverycoverage lewendig te hou (meer daaroor in ‘n latere inskrywing.

In omtrent die tweede week van Desember 2013 is ek een dag gekonfronteer met ‘n 134kg op die skaal. Net daar het ek besef ek moet weer ernstig begin oefen, en begin werk aan ‘n beter eetplan… My lewe hang daarvan af!

Sedertdien het ekomtrent 5-6 keer per week geoefen.

Ek oefen nie vreeslik hard nie. Ek het al agter gekom dat as ek elke dag bietjie oefen, ek nie twee (2) keer per week super hard hoef te oefen nie…

Ek is ook redelik onfiks gewees aan die begin van hierdie ernstige oefentyd, so ek werk so stadig maar seker om weer my fiksheid terug te kry.

Dit is ‘n proses…

Een van my ander nuwejaarsvoornemens is om meer te blog.

En hier kruis sommer twee nuwejaarsvoornemens… Die voorneme om meer te blog, en die voorneme om gesonder te raak.

Ek gaan hierdie jaar ‘n reeks blogs skryf, getiteld “My pad na ‘n gesonder lewe”. So, hierdie is die eerste inskrywing vir hierdie nuwe reeks wat ek hierdie jaar begin…

My pad na ‘n gesonde lewe: Deel 1 – Die besef om gesond te eet en te oefen