Tag Archives: Verhoudings

Inperking, staat, godsdiens, gesinwees, en ek


Vandag is dag hoeveel ook al van inperking.

Daar is hierdie siening dat mense sosiale wesens is. Mense is groepswesens. Ek vermoed dat selfs diep introverte sal saamstem hiermee. As introvert, weet ek dat ek nie konstant tussen mense wil of kan wees nie. Tog smag ek daarna om tussen mense te wees by tye.

Ons lewe in ‘n tyd van sosiale media. Media wat blykbaar help om mense aan mekaar te verbind.

Ons lewe ook nou in ‘n tyd van afsondering as gevolg van ‘n pandemie genaamd Covid-19.

Hierdie tyd van sosiale media en hierdie tyd van afsondering kom bymekaar. Ons sien di took op verskillende maniere.

In ons godsdiensbeoefening sien ons dit.

  • Gemeentes saai hulle dienste uit op verskillende sosiale forums. Kerke saai lewendig uit oor Facebook en en ander sosiale platvorms.
  • Kerke stel boodskappe beskikbaar op Facebook en Youtube.
  • Gemeentes en gemeenteleiers stuur boodskappe via WhatsApp.
  • Vergaderings word gehou via Zoom en Skype.

Gesinne behou kontak met gesinslede op verskillende maniere – deur WhatsApp en Facebook, om maar net twee maniere te noem.

Regerings regoor die wêreld hou inperkingsmaatreëls in stand op verskillende maniere. Fisies is daar afstand tussen mense.

Deur middel van sosiale platvorms probeer organisasies kontak hou met hulle lede. Gemeentes met hulle lidmate. Gesinne met gesinslede. Regerings met hulle bevolkings.

As daar egter een ding in hierdie verband is wat ek agter kom, is dit dat sosiale media toe al die tyd regtig nie effektief is om sosiale verhoudings in stand te hou nie. Oogkontak is belangrik. Face-to-face is nodig.

Nagmaal- en begrafnisbediening via sosiale media voel nie reg nie. Nagmaal is immers ‘n gemeenskapsmaaltyd. Begrafnisse is geleenthede om sigbare medelye te betoon met mense.

Ek het reeds genoem dat ek ‘n introvert is. Mense wat my goed ken, weet dat ek eintlik ‘n sterk introvert is. As so ‘n diep introvert, is WhatsApp en Facebook en YouTube nie genoeg nie. En so awesome soos wat ‘n Zoom vergadering is – dit is meer “lewendig” – is selfs Zoom nie genoeg nie. Ek smag na face-to-face interaksie met mense.

Waar bevind jy jouself in hierdie opsig? ‘n Mens, ‘n sosiale wese, tydens inperking.

Wat belangrik is vir jou


Mens maak tyd vir dit wat belangrik is vir jou.

Dit is ‘n aanhaling wat ek weer gehoor het in die afgelope paar maande.

Wil jy weet wat (of wie) is belangrik vir iemand? Kan na waarvoor hy/sy ja of nee sê.

Dit het ook weer besef die afgelope jaar.

Ek wou eintlik hierdie skrywe begin met “Ek het vriende wat ek ken…”. As jy my inskrywings al lank volg, sal jy weet dat ek redelik gereeld skryf oor vriendskap.
Vriendskap het beslis te doen met tydsbesteding en keuses.

Die week lees ek ook hierdie aanhaling: “Een of ander tyd moet jy ophou om agter iemand aan te hardloop. As die persoon jou regtig is sy lewe wil hê, sal jy nie die enigste een wees wat moeite doen om die verhouding te laat werk nie.”

Ek dink nie enige verhouding kan werk sonder dat daar moeite gedoen word daarmee nie. Nie ‘n romantiese verhouding nie. Nie familieverhoudinge nie. Nie ‘n vriendskapsverhouding nie. En hierdie moeite moet deur beide partye in die verhouding gebeur.

“Mens maak tyd vir dit wat belangrik is vir jou.”

Ek het begin agter kom dat dit waar is van mense in die kerk. Hoe belangrik is dit vir mense om kerk toe te gaan. [Let daarop dat ek praat van “kerk”, mie “Kerk” nie; “kerk” hier verwys na ‘n spesifieke gemeente, nie al die Christene in die wêreld, oftewel die “liggaam van Christus” nie.]

Sommige mense wys hoe belangrik hulle kerklidmaatskap is in hulle keuse hoe hulle vakansie hou. Hulle sal weggaan see toe, Maandag tot Saterdag, sodat hulle Sondag in die kerk kan wees. Ander het ‘n sportdag op Saterdag, en besluit dan om laat te slaap Sondag en nie kerk toe te gaan nie; dit lyk of hulle kerklidmaatskap minder belangrik is.

Kinders wys hoe belangrik Katkisasie (soms bekend as Sondagskool) is, deur eerder laat te slaap op Sondag… of hulle ouers vriendelik te verplig dat hulle Sondag móét kerk toe gaan, sodat hulle by Katkisasie te kan wees. Dit is immers belangrik (of onbelangrik) om geestelik te groei.

As iemand ernstig is om geestelik te groei, wys hy/sy dit waarskynlik in die keuses van kerk toe gaan, Bybel te lees, geestelike insette te kry, en so meer.

As iemand ernstig is om ‘n vriendskap te bou, wys hy/sy dit waarskynlik in die moeite om soms boodskappe te stuur, en nie net te wag vir ‘n boodskap nie.

Hier kom ek nou met ‘n persoonlike les wat ek geleer het hierdie jaar…

Ek het weereens besef dat dit makliker is om iemand “vriend” te noem as om actually daardie “vriendskap” te bou. Ek besef dat ek die enigste een is wat bou aan sommige van my “vriendskappe”. Ek besef dat as ek nie my “vriende” kontak (met ‘n oproep, of selfs iets eenvoudig soos ‘n SMS- of WhatsApp-boodskap), ek nooit van daardie “vriende” sal hoor nie.

Ek het ‘n vriend wat ek ken… Hy het “gehoor” van my pa se afsterwe in 2017. Hy het later, toe hy my “toevallig” raakloop in ‘n restaurant, vertel dat hy gehoor het daarvan via iemand wat dit op Facebook gelees het. Hy het my verder vertel dat daar so baie onwaar stories op Facebook/sosiale media versprei word, dat hy nie geweet het of dit waar is nie. Hierdie “vriend” van my het my selfoonnommer. Ek sou skat dat as ons vriendskap so belangrik was vir hom, hy die moeite sou doen om ten minste ‘n boodskap te stuur. Needles to say, ek ag hom nie meer as ‘n vriend nie. Skies, as jy dit lees en jouself erken. Jy het my nommer.

Ek het ‘n vriend wat ek ken… Ek het hom al so paar keer gevra ek wil gaan koffie drink by hom. Geen verwagting dat hy vir my hoef te kom kuier, sommer maar net omdat ons “vriende” is nie. Hy is besig, en ek respekteer dit. Ek gee vir hom die opsie: laat weet my as jy tyd het. Ek is bereid om by sy dagboek aan te pas. Ek meen, as ons vriendskap iets werd is vir hom, sal hy sekerlik tyd maak vir ‘n koffie – al is dit net een halfuur. Ek wag steeds vir hom om terug te kom na my toe. Dit is nou seker 2 maande later. Hy is nog baie besig. Ek weet dit, want ek volg hom per ongeluk op Facebook. Ook sy werkgewer. Nie té besig nie. Want ek volg een van sy ander vriende op Facebook; en hulle kuier soms saam, selfs in hierdie besige tyd. Ek verwag nie om die persoon se enigste vriend te wees nie. My verwagting is nie eers da thy/sy alles drop en tyd maak vir my nie. Maar as hy ‘n twee maande se tyd nie êrens ‘n kort tydjie kon maak om aan ons “vriendskap” te bou nie, is dit duidelik wat ons “vriendskap” beteken. So ek weet nie of ek hom nog “vriend” kan noem nie. Skies, as jy dit lees en jouself erken. Jy het my nommer.

Sommer terwyl ons by hierdie vriend is… Ek dink dit is nogal ‘n ernstige commitment om te maak as jy vir iemand sê jy gaan vir hulle bid. Deel van die commitment, sou ek dink, is om seker te maak jy weet wat aangaan in die lewe van die persoon waarvoor jy bid – VERAL as jy vir daardie persoon gesê het jy bid vir hom. So nou en dan sal jy seker moeite doen en (ten minste) ‘n SMS- of WhatsApp-boodskap stuur om te hoor hoe gaan dit ten opsigte van die saak waarvoor jy bid.

Ek het ‘n vriend wat ek ken… Hy vertel my dat, sodra hy vir iemand sê hy bid vir hom/haar, hy daardie persoon en die saak op ‘n lysie sit van mense vir wie hy bid. Hy het vir my gesê hy bid vir my. Hy het lank laas uitgevra oor hoe dit gaan met my. Ek wonder of hy nog vir my bid. Weereens, as jy jouself erken hier, is ek jammer. Jy het my nommer.

Ek ken so een Tannie… Sy sê dat een van haar passies voorbidding is. Voor my pa se afsterwe was sy een van die mense wat gesê het sys al vir my pa bid. Ek was nogal dankbaar daaroor. So maand later is hy oorlede. Nog omtrent 6 weke later loop sy my raak by die kerk. Die eerste keer in ‘n ruk wat ek haar by die kerk sien, by the way. Sy was so lanklaas in die kerk, dat ek gewonder het of sy nog lidmaat was in die spesifieke kerk. In elk geval, sy het vir my pa gebid; en toe vra sy my hoe dit gaan – met my pa. Gaan dit beter met hom? Needless to say, I guess, vertrou ek nie dat sy enigsins vir my pa gebid het nie. En ek sal haar waarskynlik ook nie vining vertrou met enige geestelike sake nie.

Baie onlangs lees ek ‘n stuk oor advies wat sommige predikante gee vir die jong, voornemende predikante (wat hierdie jaar [2018] geligitimeer is). Een van die mense wat raad gee, skryf: “Moet niemand vertrou nie.”. Ek weet nie of ek heeltemal bereid is om daardie raad te volg nie.

Dit is die 2de dag van Desember. Desember is amper soos die week of twee om ‘n mens se verjaarsdag. Dit is ‘n tyd van oordenking. Mens neig om te dink wat deur die loop van die jaar geneem word, en soms begin mens ‘n lysie maak van voornemens vir die volgende jaar.

So, hier is iets wat ek besef van 2018. Ek is nogsteeds te maklik geneig om mense “vriende” te noem as hulle eintlik net kennisse is. Ek noem iemand “vriend”, net omdat ons so paar gesprekke gehad het oor kerk- en/of jeugsake (albei passies van my) of omdat ons ‘n voorliefde vir koffie of fotografie of Bonsai deel. In die meantime is ons eintlik steeds net hoogstens kennisse. Want twee maande later, wag ek nog steeds dat hy my laat weet oor ‘n tydjie vir ‘n kuiertjie.

Dus, lyk dit vir my, ek gaan in 2019 baie versigtiger wees oor wie ek “vriend” noem, en wie ek toelaat om my “vriend” te noem. Ek gaan baie versigtiger moet wees hieroor, want die label “vriend” skep verwagtinge, wat meeste mense oënskynlik nie so ernstig vat soos ek nie.

Ek gaan in die jaar 2019 ook baie versigtiger moet wees oor wie se gebedsbeloftes ek ernstig opneem. Nie alle voorbidders bid actually vir mense nie, lyk dit vir my.
Ter selfder tyd, as e keen of ander commitment maak om iemand se vriend te wees of om vir iemand te bid, moet ek dit ook altyd ernstig opneem. Ek vermoed dat, met hierdie skrywe, ek dalk ‘n paar “vriende” gaan verloor. Ek dink ek gaan ook stelselmatig deur my huidige “vriende”-lysie gaan en hoor of on snog moet praat oor vriendskap…
Ek wou afsluit met ‘n vraag of twee. Ek dink egter hierdie sal nie een van die uitdagings insluit wat ek soms aan jou, een van my lesers, maak nie. Maak maar jou eie uitdaging aan jouself…

 

So ‘n laaste paar woorde… As jy persoonlik aangevat voel, is dit jou eie issue. Ek is seker jy lees dat ek geen name noem nie. So, as die skoen jou pas, trek dit aan. Anders, ignore my negatiwiteit.