Category Archives: Uncategorized

250-300 woorde en random topics


Ek wil al so lank probeer om meer plasings te maak op my blog. Ek voel net eenvoudig nooit of ek kreatief genoeg is om iets te skryf nie.
Net voor 24:00 op Sondag, 26 April 2020, skryf ek toe op my Facebook blad . Hier is die woorde wat ek geskryf het:

Ek het ‘n blog wat baie stil is. Ek wil graag meer daar post.
Ek wil vra… Gee vir my ‘n onderwerp of ‘n sin of woorde of enigiets, en dan gaan ek probeer om iets te skryf daaroor in 250-300 woorde.
Dit kan Afrikaans en/of Engels wees…
(Daar is net ‘n paar goed waaroor ek NIE sal skryf nie…)

Ek het klaar vier reaksies gekry daarop. So ek het al begin skryf daaraan.
Ek is nie regtig seker wat ek aan myself gedoen het nie. Ek weet nie watter topics – ek gebruik die Engelse woord vir “onderwerp”, omdat dit net makliker val “op my tong” – nog voorgestel gaan word nie. Ek weet nie of ek 250-300 woorde sal kan skryf oor enige topic nie.
Ek hoop hierdie uitdaging wat ek aan myself stel gaan help om my meer kreatief te skryf. Ek hoop dat mense lekker gaan reageer op hierdie uitdaging wat ek vir myself stel. In reaksie op die onderwerpe – ek skakel oor na die Afrikaanse woord hier, omdat hierdie immers ‘n Afrikaanse blog is – wat vir my gegee word, gaan ek probeer om ten minste een kort artikel te skryf. Ek gaan probeer om ten minste 250 woorde te skryf oor elke onderwerp, maar dalk meer as 300.
Ek gaan binnekort ook hierdie uitdaging in Engels stel. Ek het immers ook ‘n Engelse blog.
Die aanhaling uitgesluit, lyk dit vir my of ek nou net oor die 250 woorde geskryf het. Kom ons kyk hoe werk hierdie uitdaging.

Boeke gelees in 2019


Teen die einde van 2019 het ek ‘n paar boeke gelees.

  1. Rising out of hatred: The awakening of a former white nationalist
    02.Eli Saslow - Rising out of hatred
    Eli Saslow, en die voorblad van sy boek “Rising out of hatred”

    deur Eli Saslow

  2. Star Trek: The Eugenics Wars, Volume 2 – The rise and fall of Khan Noonien Singh, Volume 2 deur Greg Cox
  3. To reign in hell: The exile of Khan Noonien Singh deur Greg Cox
  4. Star Trek: The next generation #1: Ghost ship deur Diane Carey
  5. Onlogiese liefde deur Dina Joubert
  6. Star Trek: The aliens are coming – An untold story from The Eugenics Wars! deur Dayton Ward
  7. Star Trek: Destiny #1 – Gods of night deur David Mack
  8. Star Trek: Destiny #2 – Mere mortals deur David Mack
02a.Star Trek logo
Star Trek logo

Ek besef hoe min boeke ek eintlik gelees het. Ek besef ook hoe baie Star Trek ek lees. Ek gaan in die nuwe jaar probeer om meer boeke te lees van ander genres.

Ek moet ook noem dat ek die Bybel lees. Ek wil nie regtig die boeke van die Bybel byvoeg by die lys van boeke wat ek lees nie. Dit voel of dit die lys kunsmatig sal verleng. Ek lees die Bybel vir twee redes: (1) Vir persoonlike groei in my verhouding met God, en (2) vir preekvoorbereidings en studies.

My leeslys vir 2018 en verder


Aan die begin van hierdie jaar (2018), het ek ‘n lys gemaak van boeke wat ek stelselmatig deur die loop van die jaar (en 2019 en verder) wil lees.

Ek het onlangs my skripsie die laaste keer ingegee, en dit is goedgekeur om te gaan na die eksterne eksaminator. So, sover ek hoop, is ek klaar met my studies. Ten minste vir nou. Dit gee my meer tyd om te lees.

Hierdie lys is lank. Dit is omdat ek wil probeer om ‘n tipe kortlys van boeke wat ek oor die volgende 12-36 maande wil lees saam te stel. Daar is dalk boeke wat op die lys kan beland wat groter prioriteit sal geniet as boeke wat nóú op die lys is in terme van boeke wat ek wil lees. Ek sal hierdie lys gereeld opdateer. Ek sal ook die lys van boeke wat ek gelees het gereeld opdateer, soos wat ek sommige van die boeke op hierdie lys klaar lees. Ek sal daardie lys ook op dateer volgens jaar. Ek gaan hierdie lys beperk tot so 45-50 titels.

Ek sal die boeke wat ek in 2018 gelees het binnekort post (dalk selfs later vandag).

A. Kerk- en Christenwees

  1. Everything must change deur Brian D. McLaren
  2. Celebration of discipline deur Richard Foster
  3. The Barbarian Way deur Erwin Raphael McManus
  4. Jim & Casper go to church deur Jim Henderson & Matt Casper
  5. Where is God when it hurts? deur Philip Yancey
  6. Soul survivor deur Philip Yancey
  7. Deep & wide deur Andy Stanley
  8. Life changing relationships deur James T. Meeks
  9. Die dinamika van ‘n Christelike geloofsgemeenskap deur Coenie Burger
  10. Jesus, save me from your followers deur Dave Gilpin
  11. Ek behoort aan die kerk deur Thom S. Rainer
  12. Speaking Christian deur Marcus J. Borg
  13. Faith to faith deur Dan Scott
  14. Verstaan die gawes van die Gees deur Henry & Mel Blackaby
  15. Adventures in saying yes deur Carl Medearis
  16. Love wins deur Rob Bell
  17. The Dream Giver deur Bruce Wilkinson
  18. Doktor Andries Gous praat met die jeug deur Andries Gous

B. Jeugbediening

  1. Purpose Driven youth ministry deur Doug Fields

C. Gebed

  1. Prayer partners deur Elmer L. Towns
  2. Prayer deur Philip Yancey
  3. Knowing God through fasting deur Elmer L. Towns

D. Star Trek

  1. Star Trek: The next generation – Ghost ship deur Diane Carey
  2. Star Trek: Deep Space Nine – The siege deur Peter David
  3. Star Trek: Voyager – The escape deur Dean Wesley Smith & Kristine Kathryn Rusch
  4. Star Trek: New Frontier – Into the void deur Peter David
  5. Star Trek: The Eugenics Wars, Volume 2 – The rise and fall of Khan Noonien Singh, Volume 2 deur Greg Cox
  6. Star Trek: The original series – Bantam Books Episode adaptations: Star Trek 2 – Space seed deur Carey Wilber
  7. Star Trek: The original series – To reign in hell: The exile of Khan Noonien Singh deur Greg Cox
  8. Star Trek: Movies – The wrath of Khan deur Vonda N. McIntyre
  9. Star Trek: The Original Series – Assignment: Eternity deur Greg Cox
  10. Star Trek: The aliens are coming! deur Dayton Ward
  11. Star Trek: Destiny – Gods of night deur David Mack

E. Biografieë en autobiografieë

  1. Captain in the cauldron deur John Smit
  2. Not without honour: Tribute to Beyers Naudé deur Peter Randall
  3. I write what I like deur Steve Biko
  4. Conversations with my sons and daughters deur Mamphela Ramphele
  5. ‘ … and nothing but the truth’? deur Deon Gouws
  6. Politically incorrect deur Peter de Villiers
  7. 7 men deur Eric Metaxas
  8. Fear: Trump in the White House deur Bob Woodward
  9. The President’s Keepers: Those keeping Zuma in power and out of prison deur Jacques Pauw
  10. My mother. Barack Obama. Donald Trump. And the angry white man deur Kevin Powell

F. Fiksie

  1. Jake’s choice deur Jim & Rachel Britts

G. Gesondheid

  1. Personality type and religious leadership deur Roy M. Oswald & Otto Kroeger
  2. In die donker put deur Johan Smith
  3. Deperessie – simptome, oorsake en genesing deur Frank Minirth & Paul Meier
  4. Healing for damaged emotions deur David A. Seamands
  5. The Detox Manual deur Suzannah Olivier
  6. Eat right for your type deur Dr. Peter J. D’Adamo

H. Politiek

  1. How not to get shot. And other advice from white people deur D.L. Hughley
  2. Rising out of hatred: The awakening of a former white Nationalist deur Eli Saslow
  3. Afrikanerskap in Bybelse lig deur Prof J.L. Helberg
  4. Geestelike weerbaarheid teen ideologiese terrorisme deur S.G. Roos

Nuwe jaar


‘n Nuwe jaar het aangebreek. 2018.

Ek het ‘n paar items op my to-do lys vir hierdie jaar.

Vir die onmiddelike toekoms, die volgende twee dae, wil ek ‘n paar inskrywings waaraan ek oor die laaste week van 2017 post. Ek sal dit binnekort plaas.

Ek wil ook my research essay klaar maak teen 31 Januarie 2018.

Ander items op my to-do lys sluit in dinge soos om my blogs skoon te maak en actually meer gereeld te skryf.

Ek en my Skripsie 2017 … Weer begin


Ek wil ‘n reeks inskrywings begin wat gaan oor my Skripsie. Ek gaan hierdie inskrywings mail aan sommig mense, mense teenoor wie ek verantwoordbaar gehou wil en moet word om my Skripsie klaar te kry. Lesers wat my ook wil aanmoedig (challenge) om my Skripsie klaar te maak, is welkom.
Ek gaan probeer om so elke twee weke oor my vordering te blog.
Hierdie sal kort inskrywings wees. Natuurlik moet dit my nie weg hou van die actual werk van skryf aan my Skripsie nie. Dit sal ook soms in die vorm van ‘n blog inskrywing wees en soms in die vorm van ‘n brief – dit sal afhang waarheen ek dit eerste wil stuur.
Hierdie reeks inskrywings sal ook in twee tale – Afrikaans en Engels – geskryf word. Ek het twee blogs – ‘n Afrikaanse en ‘n Engelse blog – en wil graag hê dat diegene wat altwee blogs lees my journey kan meemaak. Ek skryf eerste in Afrikaans, en sal dan vertaal in Engels. Ek vermoed dat die “stemtoon” sal verander as ek dit so vertaal. Die email weergawe sal een dokument wees. [Julle is welkom om altwee bloginskrywings te lees; ek sal elke keer altwee links byvoeg.]
Die rede vir hierdie besluit? Ek het agter gekom oor die jare dat daar waarheid is in die lering dat ons deel is van ‘n gemeenskap mense, dat ons nie voldoende kan funksioneer buite hierdie gemeenskap nie (Dit is ook ‘n rede vir die keuse van ‘n deel van my Skripsie se tema.). Ek ervaar ook dat ek met sommige projekte wat ek wil begin ‘n gemeenskap van mense nodig het.
Elke persoon se gemeenskap verskil. Vir die doel van hierdie Skripsie, is daar paar Teologie studente, asook ‘n paar huidige predikante. Hierdie eerste mail stuur ek ook sonder om eers te hoor of julle deel wil wees van hierdie gemeenskap. As jy nie wil nie, sê my asseblief.
Ek skryf hierdie inskrywing voordat ek weet of ek toegelaat sal word om my Skripsie af te handel. Ek het in 2007 gaan Teologie swot by Tukkies. Ek het binne 4 jaar my graad afgehandel. Daarna (2011) het ek begin met my kerk-graad. {Skies, ek kan nou nie actually onthou watter een is die MDiv en watter een is die BTh nie; ek is seker iemand sal ‘n comment maak daaroor.}
Daar het verskillende goed gebeur wat veroorsaak het dat ek nie my Skripsie voorheen afgehandel het nie. In volgende skrywes sal ek dit deel – dit is deel van my proses om transparent te wees (ek weet nie van ‘n goeie Afrikaanse woord daarvoor nie).
Ek het wel in die afgelope paar maande gewerk aan my Skripsie. Dit was nie op enige akademiese standaard nie. In Rustenburg is daar drie predikante (Riaan Steyn, Herman Jansen en Pieter Jordaan) wat my begin help het om die standaard en styl reg te kry. My hoop was om dit so ver klaar te maak dat ek met ten minste ‘n 75% klaar dokument kan gaan vra of ek weer mag inskryf. Ek het egter nie besef hoe baie bronne ek gebruik het wat ek nie afgerol het nie. [Studente weet mos dat hulle sekere bronne moet afrol as hulle nie in die biblioteek kan of wil werk nie.] As gevolg van verkeerde verwysingsmetodes (verkeerd of onvolledig) het my Skripsie eintlik gegaan van 45% klaar na 15% klaar.
Daarom moet ek weer inskryf as ‘n student – sodat ek die biblioteek bronne kan bekom.
Hierdie is my eerste hekkie om oor te kom. Sal ek kan registreer as student, al het ek alreeds 2 of 3 keer geregistreer en nie klaar gemaak nie?
Dis verbasend (dalk moes ek dit besef het) hoe mens die studenteprosesse vergeet as mens nie meer op kampus beweeg nie. So ek is baie onseker oor die proses om uit te vind of ek weer kan inskryf.
Ek sal julle op datum hou.

16 Desember in Suid-Afrika: Versoeningsdag


Op 16 Desember 1431 is Henry VI van Engeland gekroon as die koning van Frankryk by Notre Dame in Parys, Frankryk.
Op 16 Desember 1689 word die “Declaration of Rights” deel van die “Bill of Rights”. Dit gebeur in die Engelse Parlement.
Op 16 Desember 1850 bring die Charlott Jane en die Randolph die eerste “Canterbury Pilgrims” na Lyttelton, Nieu Seeland. {Ek wou skryf “New Zealand”, want dit voel meer korrek, maar ek sal volstaan by hierdie Afrikaanse weergawe totdat mense vir my sê dis verkeerd om só van daardie land te praat.}
Op 16 Desember 1922 word die President van Pole, Gabriel Narutowicz vermoor deur Eligiusz Niewiadomski, in Warsaw.
Op 16 Desember 1942 beveel die Schutzstaffel hoof, Heinrich Himmler, dat sekere gevangenes [die sogenaamde Romani, wat ‘n etniese groep is wat meestal in Europa te vinde is] na Auschwitz moet gaan vir extermination {die naaste Afrikaanse woord wat ek kon vind wat so sterk is, is uitwissing}.
Daar gebeur nog baie ander goed op 16 Desember. Hierdie is slegs enkeles wat ek so vining wou uitlig. Daar is duisende belangrike en minder belangrike mense gebore op hierdie dag, en duisende ander het al gesterf op hierdie dag. Daar word baie verskillende goed gevier op hierdie dag.

Op 16 Desember 1838 vind die geveg by die Ncombe Rivier plaas, tussen 470 Voortrekkers (gelei deur Andries Pretorius en Sarel Cilliers) en ‘n geskatte 15000-21000 Zoeloe vegters (gelei deur Dambuza en Ndlela kaSompisi). Hierdie geveg staan vandag bekend as die “Slag van Bloedrivier”. Die Voortrekkers het hierdie geveg gewen.
Op 16 Desember 1880 breek die Eerste Boere Oorlog tussen die Boere Suid-Afrikaanse Republiek en die Britse Ryk uit.
Op 16 Desember 1910 protesteer swart Suid-Afrikaners teen rasse-diskriminasie. Hulle het nie die reg gehad om te kon stem in die land van hulle geboorte nie. Hierdie “regloosheid” het natuurlik voortgeduur tot in 1994.
Op 16 Desember 1961 word Umkhonto we Sizwe gestig deur die African National Congress (ANC). Na jare se passiewe protes, word hierdie beweging gestig as ‘n militêre vleuel, om meer geweldadige stryd te voer teen Apartheid. Die eersgte aksies van sabotasie word geloots, deur onder ander bomaanvalle teen regeringsgeboue in Johannesburg, Port Elizabeth en Durban.
Sodra mens begin besef wat alles gebeur het op hierdie dag in die geskiedenis, moet mens begin besef hoe ‘n polities gelaaide dag hierdie eintlik is.
Een groep mense het hierdie dag gevier (of herdenk) as ‘n dag waarop hulle ‘n onmoontlike oorwinning behaal het. Natuurlik het hierdie dag geensins ‘n politieke betekenis vir hulle nie – ‘n groepe Christene het gebid dat die Here hulle moet beskerm teen ‘n oormag goddelose mense. Dit is blote toeval dat die Christene en die goddelose twee verskillende rasgroepe was. Dit is ook toevallig dat die wenners eintlik nogal goeie wapens gehad het en die ander groep spiese en assegaaie gehad het.
Hierdie groep mense (hulle noem hulleself Afrikaners). Hulle dink ook aan al die leiding wat hulle deurgegaan het onder Britse regering.
Dan is daar die ander groep mense. Die oorgrote meerderheid van die mense in Suid-Afrika. ‘n Groep mense wat ook onderdruk is. Hierdie groep is onderdruk deur die gewese onderdrukkers. Hierdie groep is onderdruk deurdat hulle nie mag gestem het in die land waarin hulle gebore is nie – vir geslagte lank. Hierdie groep is onderdruk deurdat daar wette gemaak is wat hulle moes gehoorsaam, sonder om ooit ‘n sê daarin te mag of kan hê. Hierdie groep is onderdruk deurdat hulle vriendelik verplig is om in sekere dele van die land te woon, die land waarin hulle gebore is – hulle mag nie sonder ‘n pas na ander dele van hulle eie geboorteland gereis het nie. Daar is regeer oor hierdie groep sonder dat hulle ooit kon stem oor of daar oor hulle regeer mag word – baie soos wat die Britse mag gedoen het oor die “Afrikaners” (oftewel Boere van die dag).
Dit is vreemd hoe die onderdruktes die onderdrukkers word sodra hulle bevry word.
Die eerste groep het altyd hierdie dag gevier as Geloftedag.
Die tweede groep het nooit regtig ‘n amptelik naam gehad het nie, alhoewel die naam “Dingaansdag” deur sommiges genoem word.

Nelson Mandela se regering het, ná 1994, hierdie dag herdoop na Versoeningsdag. Die dag is vir die eerste keer gevier op 16 Desember 1995.
Daar is verskeie doelwitte deur die jare aan die dag geheg.
Op 16 Desember 1995 het die eerste sitting van die Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) plaasgevind.
Aartsbiskop Desmond Tutu het per geleentheid die dag beskryf as ‘n geleentheid om die wonde van Apartheid te genees. {Dit was ook ‘n doelwit van die WVK.}
Die dag word gebruik om minderheidsgroepe (se kulture) te vier. {Ongelukkig is daar sekere bewegings wat hierdie doelwit gehijack het deur almal wat wil luister, en ook diegene wat nie wil luister nie, te herinner dat ‘n sekere groep (wat Afrikaans praat en wit is) alleenlik die enigste groep is wat saak maak. {Ek weet, hulle sal sê dis nie waar nie, maar die gesegde lui mos “action speaks louder than words”.}
Jacob Zuma (ek weet, nie die meer betroubare persoon om hieroor te praat op hierdie stadium nie), het in 2009 beklemtoon dat hierdie dag ook onderwerpe soos nie-seksisme moet bevorder.

Daar is ‘n sekere groep Afrikaners wat hierdie dag steeds vier as Geloftedag. Vir hulle is dit steeds die dag waarop God oorwinning gegee het oor ‘n bose, goddelose mag. En steeds is dit bloot toevallig dat die wenners wit was en die verloorders swart. Toevallig, want die meeste mense wat hierdie dag herdenk, herdenk slegs dat God die oorwinning gegee het oor die bose mag. “Daar was ook nie-blankes tussen die Voortrekkers,” word voorgehou.
Totdat hierdie vieringe swart mense nie ongemaklik laat voel om deel te wees nie, sal ek vol hou dat dit nie gevier behoort te word nie. (Op grond waarvan moet ek dit vier? Op grond van ‘n belofte wat gemaak is? Hoeveel mense wat hierdie belofte getrou navolg, onthou in elk geval hulle doopbeloftes, aannemingsbeloftes, huweliksbeloftes?)
Ander mense vier wel Versoeningsdag. Kyk mens egter na die groot saamtrekke, kry mens ook die gevoel dat sommige van hierdie geleenthede gehijack word deur politieke partye as “hulle dae”. Ek wonder egter: Wie se skuld is dit dat dit gebeur het? Is die goeie bedoelinge daarvan verlore omdat een groep dit “hulle dag” maak, of is dit omdat die groep Afrikaans-sprekende blankes hulle eenvoudig onttrek het aan die dag, of bloot net nooit daaraan deel wou neem nie? (En ek kom nou weer agter hoe ek skryf in terme van “one en hulle”, iets wat ek haaaaat! Vir hierdie inskrywing is dit dalk egter noodsaaklik.)

Ek vier ook Versoeningsdag. Ek lees in die Bybel (2 Korintiërs 5:18-19) die volgende: “[God] het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou.”
Ek weet nie hoe ander mense die versoeningsboodskap uitleef nie. Ek is wel oortuig daarvan dat hierdie boodskap nie uitgeleef kan word as daar geleenthede is waar mense uitgesluit word nie – bewustelik of onbewustelik, opsetlik of onopsetlik.
Daarom vier ek versoening, en Versoeningsdag, effens anders. Ek probeer om saam met mense te kuier. Soms is daardie mense Christene, ander kere nie. Soms is daardie mense wit, ander kere nie. Soms praat daardie mense Afrikaans, ander kere nie. Soms stem ek saam met hulle oortuigings, ander kere nie. Dit is vir my moeilik om te kuier saam met mense wat nie Afrikaans is nie en wat nie dieselfde oortuigings as ek het nie. Maar hoe gaan die boodskap van versoening by mense uitkom as ek net kuier met mense wat praat soos wat ek praat, lyk soos wat ek lyk, en dink soos wat ek dink?
Op 16 Desember 2016 gaan ek waarskynlik nie met iemand kuier wat baie anders is as ek nie. Ek het nie mooi beplan aan so ‘n kuier vir hierdie jaar nie – al was dit een van my “Nuwejaasvoornemes”. Ek sal waarskynlik in ‘n coffeeshop sit en goed lees en/of tik. So as jy my ken, en my wil join, is jy welkom.

Hoe gaan jy Versoeningsdag spandeer?

Ek dink in Afrikaans; en skryf meestal eers in Afrikaans…


Ek wil graag so paar minute spandeer om my skryfstyl te verduidelik.
Ek is Afrikaans. Ek leef in Afrikaans. Ek dink in Afrikaans.

Ek het hierdie Afrikaanse blog.

 
Ek het egter ook ‘n Engelse blog. Ek het hierdie Engelse blog eerste begin: in die tyd wat ek nog ‘n voltydse student was. Ek het in daardie tyd gedink dat ek minimaal sal skryf in Afrikaans. Daarom het my blog ‘n Engelse naam gekry.
Ek het ook aanvanklik begin blog (ja, dit is ook ‘n werkwoord!) om opinies te kon skryf oor boeke. Die eerste boek wat ek wou bespreek, was ‘n Richard Foster boek oor geestelike dissiplines, en dit was ‘n Engelse boek.
Ek het heelwat later, seker 4 jaar later as ek reg tel, hierdie Afrikaanse blog (ja, ek is oortuig daarvan dat “blog” ‘n Engelse én ‘n Afrikaanse woord behoort te wees, en hier is dit ‘n naamwoord vir die blogsite [Wordpress in my geval]) begin.
Ek het sedertdien nie baie geblog nie. Ek maak net nie tyd nie. (Ek wil meer tyd maak, by the way.)

 
Ek lewe in ‘n era waar daar soms sekere frases gebruik word wat nie in my moedertaal so awesome klink soos wat ‘n ander taal se frase is nie. Byvoorbeeld, tot op hierdie stadium het ek reeds woorde en frases soos “awesome” en “by the way” gebruik, wat natuurlik nie Afrikaans is nie.
Tog is Afrikaans steeds my moedertaal. Ek dink steeds in Afrikaans. En as ek in Engels skryf, vat dit nie weg daarvan dat ek in Afrikaans dink en dat myself in Engels probeer uitspreek nie. Gevolglik struikel ek soms oor my tenses [Engelse woord!] en gebruik ek nie altyd die regte uitdrukkings nie [Afrikaanse uitdrukkings moet nie altyd eenvoudig oorvertaal word nie]. Ek weet, iemand sal waarskynlik voorstel dat ek maar ‘n woordeboek naby moet hou. Ek is egter effens lui…
Ek skryf hierdie blog nou eers in Afrikaans. Ek sal dit later in Engels vertaal. En dan gaan dit waarskynlik anders lyk en klink (behalwe vir die taal wat beslis anders sal wees).
Ek skryf hierdie blog, meer vir almal wat my Engelse blog lees as vir diegene wat my Afrikaanse blog lees. Ek wil graag verduidelik waarom dit dalk lyk of ek nie die Engelse taal respekteer nie. Ek weet natuurlik glad nie of enigeen wat my Engelse skrywes lees dink dat ek nie hulle taal respekteer nie.

 
Maar nou weet almal wat my blogs lees waarom ek soms myself moeilik uitdruk.

Jou verjaarsdag?


Hier is net ‘n kort nota vir vandag…

 

Wanneer is jou verjaasdag? En hoe oud is jy? {Ek skat jy kan sommer net jou geboortedag deel, as jy wil.}

Hoe verkies jy om jou verjaarsdae deur te bring?

Een van my vriende hou van baie mense om hom op sy verjaarsdae. Een van my ander vriende verkies weer dat net sy naaste vriende en familie kuier – en dit is ook nie eers nodig vir hulle om by hom te kuier nie.

Deel jou voorkeure, as jy wil.

My aanlyn leesstof


Ek gaan ‘n lysie maak van blogs wat ek graag lees.

As jy kyk op my blog, sal jy sien by een van die sidebars dat daar so ‘n lysie is. Hierdie spesifieke bloginskrywing sal mettertyd ‘n voorloper word om daardie lys volledig te maak (en behoorlik af te rond). Die lys sal verander soos wat tyd verloop, so kom loer so nou en dan.

  1. https://mycontemplations.wordpress.com/
  2. http://www.jorymicah.com/blog/ ……… As jy nie hou daarvan om uitgedaag te word nie, bly maar weg van hierdie blog af.
  3. http://www.thoughtleader.co.za/ ……… Hierdie is meer opinie-stukke op nuusgebeure. Ek hou daarvan.
  4. http://www.dailymaverick.co.za/ ……. Nuus, maar in ‘n minder formele manier vertel. Daar is ook die sidebar waar die opinionistas hulle opinie-stukke skryf.
  5. http://rachelheldevans.com/blog …….. Sy skryf nie so gereeld nie, maar as sy skryf, is dit die moeite werd om te lees.
  6. https://graceninjablog.wordpress.com/
  7. https://altacloete.wordpress.com/ …….. Ek het onlangs hierdie blog ontdek, nadat ek daarvan gelees het in Johan Smith se boek “In die donker put”.