Category Archives: Flieks

Star Wars dae: 04 & 05 Mei


Ek het nog nooit ‘n hele Star Wars fliek gekyk nie. Dele van een of twee Star Wars flieks, maar nog nooit ‘n hele fliek nie.

Ek weet genoeg van Star Wars, om te weet dat Geoge Lucas dit ontwikkel het. Ek weet dat akteurs wat deel was van die Star Wars franchise mense soos Mark Hamill, Harrison Ford, Carrie Fisher, James Earl Jones, Ewan McGregor en Natalie Portman insluit. Ek weet ook dat sommige van die karaktes Luke Skywalker, Han Solo, Prinses Leia, Obi-Wan Kenobi en natuurlik Darth Vader insluit. Die hoof protagonist in Star Wars is die Jedi Knights, terwyl die hoof antagoniste die Sith Order is.

Ek is ‘n Star Trek fan. Star Wars en Star Trek het ‘n paar dinge in gemeen. Beide het massiewe groepe volgelinge. Beide bestaan uit ‘n paar flieks, ‘n paar reeks, baie boeke en ‘n paar speletjies as deel van die franchise.

Een impak van Star Wars op die wêreld, is die Engelse frase “May the Force be with you”.

May the Fourth be with you [Bron: Gadgets 360]

Die vierde dag van Mei-maand het Star Wars Dag geword. Die eerste viering van Star Wars Dag was gereël in 2011. Die frase “May the Force be with you”, was maklik aangepas om die bekende sê-ding wat verbind word met Star Wars Dag te word: “May the fourth be with you”. “Mag die Vierde met hou wees” werk nie regtig hiervoor nie. Daarom gebruik ek nou maar die Engelse frases.

Die term “may the fourth be with you” was egter die eerste keer verbind met die Britse politikus Margaret Thatcher. Op 3 Mei 1979 was sy verkies as die Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk. Sy was geluk gewens deur die Konserwatiewe Party (haar party) in ‘n advertensie in een van die koerante, met die frase “May the Fourth Be with You, Maggie. Congratulations”.

The “may the fourth” frase kom in ander plekke en tye ook voor.

In die 1988 Count Duckula episode “The Vampire Strikes Back”, vra een van die superheroes (Tremendous Terrance) vir Duckula wat die datum is. Die antwoord: “May the Fourth” (“Die vierde Mei”). Terrance sê dan vir almal “May the Fourth Be with You”, wanneer hy vertrek.

In haar 1994 boek “The Science of Star Wars”, gebruik Jeanne Cavelos ook hierdie sê-ding. In 2008 begin die eerste Facebook groepe verskyn wat “Luke Skywalker Dag” vier. Hierdie selfde frase word ook gebruik.

So het ons dan vandag die vierde Mei as Star Wars Dag, ‘n dag waarop almal – meestal Star Wars fans, maar ander ook – mense “May the Fourth be with you” toewens.

Sommige mense herdenk die vyfde Mei as “Revenge of the Fifth”. Dit is ‘n sinspeling op die derde Star Wars fliek “Revenge of the Sith”. Op hierdie dag word die Sith Lord en ander skurke (villains) in Star Wars, in plaas van die Jedi, gevier.

Revenge of the Fifth [Bron: heavy.com]

Vir my, ‘n nie-fan van Star Wars, is hierdie dinge sommer net interessant.

Dalk is jy baie meer geïnteresseerd. Vir jou wens ek dan ‘n wonderlike Star Wars Dag, Deel 2, toe.