Category Archives: Musiek

My gunsteling liedere, Deel 3: Amazing grace (50 lande, 50 stemme, 50 tale)


Ek het reeds geskryf oor die hoeveelheid weergawes wat ek het van die lied “Amazing grace”. Twee weke gelede het ek nie geweet van een weergawe van hierdie lied nie. Dit is ‘n weergawe wat opgeneem is met 50 stemme in lande wat deur die Covid-19 virus beïnvloed is.

Amazing grace 4

Hier is ‘n link na die video wat gemaak is. Dit wys die lande wat betrokke is, en verskillende tale – ek neem aan 50 tale, maar sekerlik nie elke taal van elke land nie – van die lande word verteenwoordig. Dit is ‘n baie treffende weergawe. Geniet dit.

 

My gunsteling liedere, Deel 2: Amazing grace (Tree63 live weergawe)


 

Ek het gister geskryf oor “Amazing grace”. Dit is gemaklik my gunsteling lied. Ek het baie verskillende weergawes van die lied.

Een van die weergawes wat ek het, is ‘n live weergawe wat deur Tree63 opgeneem is.

  1. Through many dangers, toils and snares
    I have already come
    It was grace that brought me safe this far
    And grace will lead me homeTree63 Worship Volume one album cover
  2. Amazing grace, how sweet the sound
    That saved a wretch like me, like me, yeah
    I once was so lost, but now I’m found
    Was blind, but now I see
  3. When we’ve been here ten thousand years
    Bright shining as the sun
    We’ve no less days to sing God’s praise
    Than when we first begun
  4. When we’ve been here ten thousand years
    Bright shining as the sun
    We’ve no less days to sing God’s praise
    Than when we first begun
  5. We’ve no less days to sing God’s praise
    Than when we first begun
    Hallelujah

 

My gunsteling liedere, Deel 1: Amazing grace


Hierdie lied, “Amazing grace”, is maklik my gunsteling lied. Ek hou so baie van hierdie lied, dat ek ‘n versameling weergawes van meer as 120 van hierdie lied het. Selfs musiekante en genres waarvan ek NIKS hou nie, is deel van hierdie versameling. As iemand vir my ‘n boeremusiek weergawe van die lied sou gee, sou ek dit deel maak van my versameling. Natuurlik luister ek nie noodwendig ewe gereeld na al die weergawes nie.

Ek het selfs die fliek met die title “Amazing grace”, wat in 2006 uitgekom het.

Vir hierdie inskrywing, het ek besluit ek wil net die woorde van die lied met julle deel.

“Amazing grace” is ‘n lied wat geskryf is in 1779 geskryf deur John Newton.

 

  1. Amazing grace! How sweet the sound
    That saved a wretch like me!
    I once was lost, but now am found;Amazing grace 2Was blind, but now I see.
  2. ’Twas grace that taught my heart to fear,
    And grace my fears relieved;
    How precious did that grace appear
    The hour I first believed.
  3. Through many dangers, toils, and snares,
    I have already come;
    ’Tis grace hath brought me safe thus far,
    And grace will lead me home.
  4. The Lord has promised good to me,
    His Word my hope secures;
    He will my Shield and Portion be,
    As long as life endures.
  5. Yea, when this flesh and heart shall fail,
    And mortal life shall cease,
    I shall possess, within the veil,
    A life of joy and peace.
  6. The earth shall soon dissolve like snow,
    The sun forbear to shine;
    But God, who called me here below,
    Will be forever mine.
  7. When we’ve been there ten thousand years,
    Bright shining as the sun,
    We’ve no less days to sing God’s praise
    Than when we’d first begun.

 

Die woorde van hierdie lied is grotendeels waarop ek my Teologie en bediening as predikant bou. Ek is gered deur genade, nie deur my goeie werke nie en ten spyte van my “slegte werke”. Ek hoop dat dit die boodskap is wat altyd die goue draad is in boodskappe wat ek deel met mense. Ek hoop om nooit veroordeel te word deur mense nie, en ek hoop dat ek in mmy boodskappe en lewenswyse nooit sal oorkom as iemand wat ander veroordeel nie. As ek ooit fouteer in my interpretasie van die Bybel of enige gedeelte van die Bybel, hoop ek om te fouteer in die rigting van genade…

My musiek-voorkeure


So paar weke terug het ek myself indirek uitgedaag op Facebook om die tien albums te plaas wat my musiek-geskiedenis gevorm het. Ek het tot by nommer 6 gekom.

Die ses albums wat ek gedeel het, is:

  • “5” – Louis Brittz
  • “Worship” – Michael W. Smith
  • “Left of the middle” – Natalie Imbruglia
  • “Dreams: The collection” – The Cranberries
  • “Throwing copper” – Live
  • “OK computer” – Radiohead

Ek weet nie of ek nog albums kan byvoeg nie. In hierdie uitdaging het ek besef hoe vreemd my musiek-voorkeure is. Eintlik weet ek dit al lank, maar ek besef nou dat ek nie noodwendig tien albums kan lys wat werklik die vorming my musiek-geskiedenis kan beskryf nie.

Eerstens kan ek nie regtig sê watse genre van musiek ek noodwendig verkies nie. Ek weet nie eers in watter genre al die musiek waarvan ek hou ingedeel word nie. Ek weet nie wanneer musiek rock of pop is nie. Ek is redelik seker wanneer musiek gesien word as gospel, maar ek mag selfs daaroor verkeerd wees! So as ek ‘n liedjie hoor, sal ek nie die genre erken nie.

Ek wonder hoekom ek nie tien albums kan saamstel nie. Dit is dalk waar die vreemde aspek van my musiek-voorkeure ter sprake kom. Dalk is ek die enigste een wat dink my musiek-voorkeure is vreemd.

Ek hou van baie sangers, sangeresse en bands. Ek hou byvoorbeeld van Louis Brittz, Alanis Morissette, Michael W. Smith, Natalie Imbruglia, Live, Casting Crowns, Third Day, Counting Crows, Cranberries, en baie meer. Net omdat ek hou van hierdie musiekante, beteken dit nie dat ek van al hierdie musiekante se liedjies hou nie. Dalk is daar ‘n paar musiekante waarvan ek hou wat rock musiek maak. Dit beteken nie dat ek outomaties ‘n rock-musiek aanhanger is nie.

Ek dink nie daar is een enkele musiekant wat al ‘n album vrygestel het wat ek eerlikwaar elke liedjie op daardie album van hou nie.

Ek is nie baie lief vir Afrikaanse musiek nie. Dit weet ek. Ek luister meestal Afrikaanse gospel musiek. Dit beteken egter geensins dat ek na alle Afrikaanse gospel musiek luister nie.

Ek is nie baie lief vir Afrikaanse musiek nie. Dit beteken egter nie dat ek geen Afrikaanse musiek (buiten gospel) luister en selfs daarvan hou nie.

Daar is sommige musiekante van wie ek glad nie hou nie. Maar soms verbaas ek myself as daar een of twee van hulle liedjies is waarna ek ook graag luister.

Ek hou niks van boeremusiek nie. Skies. Ek weet Afrikaanse mense sal my seker nou haat oor hierdie erkenning.

Ek kan instrumentele en klassieke musiek luister, maar nie vir lank nie. Net omdat ek hou van Mozart en Beethoven, en enkele ander komponiste, beteken nie dat ek vir ure daarna kan luister nie. Ek is nie ‘n groot fan van koor- en operamusiek nie. Dit beteken egter nie dat ek glad nie daarna luister nie. Veral koormusiek, sal ek luister as ek mense in die koor ken.

Daar is enkele liedjies wat ek sal luister, maak nie saak wie dit sing nie en maak nie saak wat die genre van die weergawe is nie. Een van daardie liedjies is Amazing grace.

Ek wil more (1 Junie 2020) begin om liedjies te noem waarvan ek veral hou. Elke dag een liedjie. Sover as moontlik sal ek die liedjie, die musiekant, en die album waarop die liedjie verskyn, deel. So kyk gerus uit daarvoor. Ek gaan blog daaroor, en dit ook deel op my Facebook, Twitter en Instagram blaaie. Ek het ook TikTok (ek weet nie heeltemal hoe di twerk nie), en dalk deel ek dit daar ook.

Die lewe is ‘n lied!


“Die lewe is ‘n lied.”

Blykbaar is dit ‘n uitdrukking wat gesê dat iemand uitbundige vreugde beleef. Ek wil dit nie beperk daartoe nie.

Musiek beskryf gevoelens so baiekeer so goed. Ek dink dat elkeen van ons een of ander liedjie kan verbind met een of ander groot gebeurtenis in ons lewens.

Tydens my VCSV Diensjaar (in 2002), was een van die liedjies wat baie gesing is “I’m coming back to the heart of worship”. Dit is nogal ‘n temalied vir my geloofslewe. Elke nou en dan moet ek weer terugkom na die belangrikste aspek van dit waaroor geloof gaan: Jesus Christus. Niks meer. Niks minder.

My ander geloofs-temalied is “Amazing grace”. Dit herinner my aan die belangrikheid van genade. Ek het genade ontvang. As (hopelik binnekort ‘n vol-aangestelde) predikant glo ek dit is die belangrikste boodskap wat ek moet verkondig: Genade is beskikbaar vir elkeen op aarde!

Elke keer wanneer ek by die see is, kom daar ook so lied in my gedagtes in. Ek is baie lief vir die see en vir die strand. Wanneer ek so uitkyk oor die see, en loop op die sand van die strand, kom die lied op: “Run to the water…”. Die band Live se een lied. En as ek die see baie verlang, speel ek hierdie lied graag.

Om een of ander rede het die hartseer-oomblikke van my lewe se lied “Everybody hurts” geword. Die eerste keer wat ek hartseer-oomblikke met daardie lied vereenselwig het, was na Princess Diana se dood.

Ek wonder hoeveel mense gaan “It’s the end of the world as we know it” verbind met Covid-19, en spesifiek die eerste vier tot ses maande van 2020, en alles wat daaruit vloei. Ek dink ek sal. Ek hoop regtig die wêreld lyk anders na Covid-19. Ek hoop mense wat waardevol is – soos mediese personeel, onderwysers en onderwyseresse en mense wat ons help in winkels – hulle ware waarde betaal word. Ek hoop dat mense mekaar se menswees al meer raaksien.

Ek wonder wat is jou liedjies vir jou oomblikke in die lewe. Dalk het jy selfs verskillende liedjies vir verskillende fases van jou lewe. Wat is jou liedjies?