Waarom ek nie ‘n “Afrikaner” is nie…


Op 1 Augustus 2013, verskyn daar ‘n plasing by Maroela Media se blog, wat geskryf is deur Dr. Piet Croucamp. Die titel van sy inskrywing is: “Daarom is ek geen Afrikaner nie“.

Hy praat oor ‘n paar interessante dinge… In hierdie blog, wil ek vertel waarom ek myself nie kan vereenselwig met hierdie groepering mense wat hulleself “Afrikaners” noem nie. Ek gaan nie nou meer skryf nie. Ek wil hierdie inskrywing gebruik as iets van ‘n langtermyn denkrigting. So ek gaan nou en dan terugkom hiernatoe, en verder skryf, of sekere goed verander [Elke keer as ek iets verander, sal ek dit wel duidelik noem, en redes gee vir my verandering]. Wie weet?: Dalk verander ek op ‘n stadium selfs die opskrif!

So, wat op aarde is ‘n “Afrikaner” nou eintlik?
My eerste gedagte is dat dit iemand is wat Afrikaans praat.

Hoe verstaan ander Afrikaans-sprekendes die term “Afrikaner”?
Terwyl ek weet dat dit gevaarlike terrein is, puurlik op grond daarvan dat verskillende “Afrikaans-sprekendes” so verskillende daarna kyk, het ek so paar mense se definisies gaan probeer opsom uit verskillende goed wat hulle geskryf het. Mense soos Piet Croucamp self, asook Dan Roodt, Steve Hofmeyr, Jan-Jan Joubert, en andere.