Kerklike kalender Week 30 (20 Junie 2021)


Die kerklike, Christelike kalender begin met Advent. Die 2020-2021 kalender het begin op 29 November 2020.

Vandag (13 Junie 2021) is die begin van week 30 op die kerklike kalender.

Die “gewone” kalender begin op ‘n Sondag, en vandag is die begin van week 25 (waar die eerste Sondag (03 Januarie) van die jaar die eerste week van die jaar se begin was).

Baie kerke in Suid-Afrika en regoor die wêreld gebruik leesroosters om hulle Sondae- en ander dienste en boodskappe uit te werk. Een van hierdie leesroosters, wat ook deur sommige gemeentes in die NG Kerk hier in Suid-Afrika gebruik word, is die Revised Common Lectionary. Ek gebruik ook meestal hierdie leesrooster se Bybelgedeeltes of -tekste.

Week 30 se tekste wat oor die algemeen gebruik word, is:

  • 1 Samuel 17:(1a, 4-11, 19-23), 32-49
  • Psalm 9:9-20
  • 2 Korintiërs 6:1-13
  • Markus 4:35-41

Die leesrooster wat gebruik word, gee ook twee alternatiewe tekste wat gebruik sou kon word:

  • 1 Samuel 17:57-18:5, 18:10-16
  • Psalm 133
  • Job 38:1-11
  • Psalm 107:1-3, 23-32

Op die Christelike kalender is dit vandag die vierde Sondag van Koninkrykstyd.

Lewer kommentaar