Category Archives: Leonard Sweet

My leeslys vir 2020 (en verder)


Ek het gekyk na die lys wat ek verlede jaar gepost het oor die boeke wat ek wil lees, en besluit om eerder ‘n nuwe lys te maak as om daardie lys op te dateer.

A. Christelike lewensstyl

  1. Kry styl – Jesus s’n deur Stephan Joubert
  2. Ek wil nie die kaarte hê nie: hoe om te oorleef sonder om te verstaan deur Roelf Opperman
  3. The way of the warrior deur Erwin Raphael McManus
  4. Celebration of discipline deur Richard Foster
  5. Omdraai wegdraai: Koffiegesprekke oor geloof en geloofsvorming deur Willem Pretorius
  6. Om (op)nuut te glo: Wees weer verwondered oor God deur Ockert Meyer
  7. The Barbarian Way deur Erwin Raphael McManus
  8. Where is God when it hurts? deur Philip Yancey
  9. Ek kies steeds die kerk: Stories, stryd en standpunte oor die kerk en die wêreld deur Neels Jackson
  10. Op soek na Jesus: ‘n Verslaggewer se verrassende perspektief op die lewe van Jesus deur Neels Jackson
  11. Faith to faith deur Dan Scott
  12. Verstaan die gawes van die Gees deur Henry & Mel Blackaby
  13. Adventures in saying yes deur Carl Medearis
  14. Love wins deur Rob Bell
  15. The Dream Giver deur Bruce Wilkinson
  16. The renewed mind: A unique guide to becoming the kind of person you really want to be deur Larry Christenson

B. Kerkwees

  1. Vaste Rots op wie ek bou deur by Cas Vos & Dirk Human (redakteurs) – Hierdie is ‘n boek gevul met artikels, wat ek afgebreek het in kleiner “boeke”.
  2. No joke: A Rabbi, an Imam and a Preacher do the unthinkable… and become friends for life deur Jim Henderson and Cara Highsmith
  3. Everything must change deur Brian D. McLaren
  4. Jim & Casper go to church deur Jim Henderson & Matt Casper
  5. Soul survivor deur Philip Yancey
  6. Deep & wide deur Andy Stanley
  7. Die dinamika van ‘n Christelike geloofsgemeenskap deur Coenie Burger
  8. Jesus, save me from your followers deur Dave Gilpin
  9. Ek behoort aan die kerk deur Thom S. Rainer
  10. Speaking Christian deur Marcus J. Borg
  11. Building a church of small groups deur Bill Donahue & Russ Robinson
  12. Leading the congregation: Caring for yourself while serving the people deur Norman Shawchuck & Roger Heuser

C. Jeugbediening

  1. Purpose Driven youth ministry deur Doug Fields
  2. Doktor Andries Gous praat met die jeug [Doctor Andries Gous speaks to the youth] deur Andries Gous
  3. Sustainable youth ministry deur Mark DeVries
  4. A new kind of youth ministry deur Chris Folmsbee
  5. Your first two years in youth ministry: A personal and practical guide to starting right deur Doug Fields
  6. Belydenis van geloof Gespreksgids: Verrassende veelkleurige fasette van die geloof – Bely en lewe deur Johannes Mouton

D. Verhoudings

  1. Life changing relationships deur James T. Meeks
  2. How to win friends and influence people deur Dale Carnegie

E. Gebed

  1. Prayer partners deur Elmer L. Towns
  2. Prayer deur Philip Yancey
  3. Prayer deur Richard Foster
  4. Knowing God through fasting deur Elmer L. Towns

F. Star Trek

  1. Star Trek: Destiny #3 – Lost souls deur David Mack
  2. Star Trek: Destiny #4 – A singular destiny deur Keith R.A. DeCandido
  3. Star Trek: The original series – Bantam Book Episode adaptations: Star Trek 1 – Dagger of the mind deur James Blish
  4. Star Trek: The next generation #002 – The peacekeepers deur Gene DeWeese
  5. Star Trek: The original series – Bantam Book Episode adaptations: Star Trek 1 – The unreal McCoy deur James Blish
  6. Star Trek: Deep Space Nine #002 – The siege deur Peter David
  7. Star Trek: The original series – Bantam Book Episode adaptations: Star Trek 1 – The naked time deur James Blish
  8. Star Trek: Voyager #003 – Ragnarok deur Nathan Archer
  9. Star Trek: The original series – Bantam Book Episode adaptations: Star Trek 1 – Miri deur James Blish
  10. Star Trek: Enterprise – By the book deur Dean Wesley Smith & Kristine Kathryn Rusch
  11. Star Trek: The original series – Bantam Book Episode adaptations: Star Trek 1 – The conscience of the king deur James Blish
  12. Star Trek: Discovery – Drastic measures deur Dayton Ward
  13. Star Trek: Short stories – Sparrow Books short stories #4 – The secret empire deur William Rotsler
  14. Star Trek: New Frontier #02 – Into the void deur Peter David
  15. Star Trek: Short stories – Sparrow Books short stories #5 – Intelligence test deur William Rotsler
  16. Star Trek: Stargazer – Gauntlet deur Michael Jan Friedman
  17. Star Trek: Short stories – Sparrow Books short stories #6 – To wherever deur William Rotsler
  18. Star Trek: The original series – Bantam Books Episode adaptations: Star Trek 2 – Space seed deur Carey Wilber
  19. Star Trek: Movies – The wrath of Khan deur Vonda N. McIntyre
  20. Star Trek: The Original Series #084 – Assignment: Eternity deur Greg Cox

G. Homoseksualiteit

  1. Homoseksualiteit en sewe klassieke Bybeltekste: Antigay of misverstaan? deur Ernest van Eck & Ralph Barnard
  2. Riglyne vir ‘n verantwoordelike Nuwe Testamentiese verstaan in die homoseksualiteitsdebat, Deel 1: ‘n Komplekse saak deur Gert J. Steyn
  3. Riglyne vir ‘n verantwoordelike Nuwe Testamentiese verstaan in die homoseksualiteitsdebat, Deel 2: Nuwe Testamentiese tekste deur Gert J. Steyn

H. Biografië en autobiografië

  1. Becoming deur Michelle Obama
  2. Captain in the cauldron deur John Smith
  3. Not without honour: Tribute to Beyers Naudé deur Peter Randall
  4. I write what I like deur Steve Biko
  5. Conversations with my sons and daughters deur Mamphela Ramphele
  6. ‘ … and nothing but the truth’? deur Deon Gouws
  7. Politically incorrect deur Peter de Villiers
  8. 7 men deur Eric Metaxas
  9. Fear: Trump in the White House deur Bob Woodward
  10. The President’s Keepers: Those keeping Zuma in power and out of prison deur Jacques Pauw
  11. My mother. Barack Obama. Donald Trump. And the angry white man deur Kevin Powell

I. Fiksie

  1. Jake’s choice deur Jim & Rachel Britts

J. Gesondheid

  1. Beseer in Sy diens: God se genesing vir gelowiges wat seergekry het deur Hennie Maartens
  2. Personality type and religious leadership deur Roy M. Oswald & Otto Kroeger
  3. In die donker put deur Johan Smith
  4. Competent to counsel deur Jay E. Adams
  5. Depressie – simptome, oorsake en genesing deur Frank Minirth & Paul Meier
  6. Healing for damaged emotions deur David A. Seamands
  7. The Detox Manual deur Suzannah Olivier
  8. Eat right for your type deur Dr. Peter J. D’Adamo

K. Artikels in die boek “Vaste Rots op wie ek bou” deur Cas Vos and Dirk Human (redakteurs)

  1. Proloog deur Cas Vos
  2. Die reformatoriese kerklike landskap deur Hennie Pieterse
  3. Die uitdagings van Bybellees deur Dirk Human
  4. “Op hierdie rots sal Ek my kerk bou” deur Conrad Wethmar
  5. Die lang pad van Skrifuitleg deur Jurie le Roux
  6. Tekste en hulle kontekste deur Jurie le Roux
  7. Mitologiese taal: verduistering of verheldering? – Jona as illustrasie deur Dirk Human
  8. Metaforiese vonke en mitologiese taal deur Ernest van Eck
  9. Messiaanse tekste in die Ou Testament deur Alphonso Groenewald
  10. Messiaanse tekste in die Nuwe Testament deur Gert Steyn
  11. Feesgedig deur NP van Wyk Louw
  12. Die maagdelike verwekking deur Ernest van Eck
  13. Kruiseling deur Cas Vos
  14. Oor ons gekruisigde God, nakend en vol bloed deur Johanna de Lange
  15. “Christ of the burnt men” deur Sheila Cussons
  16. Jesus-afdruk deur I.L. de Villiers
  17. Versoening in die Ou Testament deur Pieter Venter
  18. Versoening in die Evangelies deur Hermie van Zyl
  19. Paulus en die Korintiërs: wantroue en versoening deur Kobus Myburgh
  20. Opstanding deur Cas Vos
  21. Opstanding in die sinoptiese Evangelies deur Gert Steyn
  22. Opstanding in die Evangelie volgens Johannes deur Dirk van der Merwe
  23. Opstanding by Paulus deur Kobus Kok
  24. Opstanding in die apokaliptiek deur Pieter Venter
  25. Opstanding en simboliek in die vroeg-Christelike kuns deur Hennie Stander
  26. Redelike geloof? deur Gerrit Brand
  27. Lex orandi, lex credenda deur Vincent Brümmer
  28. “Soms mis ek God” … oor die kortsluiting tussen geloof en ervaring deur Daniël Veldsman
  29. Oor hoe geloof my dra deur Elna Mouton
  30. Epiloog deur Cas Vos

L. Politiek

  1. How not to get shot. And other advice from white people deur D.L. Hughley
  2. Afrikanerskap in Bybelse lig deur Prof J.L. Helberg
  3. Geestelike weerbaarheid teen ideologiese terrorisme deur S.G. Roos

M. Romeine-studie

  1. Romans deur David L. Bartlett
  2. Paul’s letter to the Romans: A commentary deur Arland J. Hultgren
  3. Romans & the people of God deur Sven K. Soderlund & N.T. Wright
  4. The letter to the Romans: Salvation as justice and the deconstruction of law deur Herman C. Waetjen
  5. Reading Romans in context: Paul and second Temple Judaism deur Ben C. Blackwell, John K. Goodrich & Jason Maston (editors)
  6. Paul’s new perspective: Charting a Soteriological journey deur Garwood P. Anderson
  7. The Political Theology of Paul deur Jacob Taubes

N. Stokperdjies

  1. The world encyclopedia of coffee: The definitive guide to coffee, from simple bean to irresistible beverage deur Mary Banks, Christine McFadden and Catherine Atkinson
  2. Bonsai gardening secrets deur Eric A. Olsen
  3. Advancing your photography: A handbook for creating photo’s you’ll love deur Marc Silber
  4. Wit, Afrikaanse man deur Neels Jackson

E-Kerk en Emerging Church…


Ek is ‘n groot ondersteuner van E-Kerk. Ek kry so nou en dan van hulle briewe, en ek besoek so nou en dan die E-Kerk wanneer ek kan kry. Toe ek lees dat Ds. Stephan Joubert iets skryf oor E-Kerk en die Emerging Church, kon ek nie help om te gaan lees nie. Lees gerus self wat hy skryf.

 

Ek wou dit egter ook sommer hier geplaas het, so hier is sy woorde:

 

“Dit het ‘n nuwe kerklike mode geword om enigeen van wie jy verskil te klassifiseer as deel van die “emerging church.” Om een of ander rede is hierdie etiket bedoel as ‘n teologiese skeldwoord. As jy deesdae enigiemand vanaf Rob Bell, Brian McLaren, Ron Martoia, tot by Doug Pagitt of Tony Jones se boeke op jou rak het of dalk iemand ken wat hulle ken, is jy outomaties melaats. Hierdie is die nuwe sonde van “guilty by association.” (Terloops, dan moet diegene wat so dink summier ophou om Paulus te lees wat ‘n keer of wat nie-gelowige Griekse digters aanhaal, of die Judasbrief, wat aanhaal uit geskrifte soos die Testament van Moses en 1 Henog, wat nie deel van die kanon is nie.)

 

In boeke, webblaaie en artikels word kerklikes deesdae met etikette van “emerging church” beplak en voorgehou as verdraaiers van die Waarheid, of as skeppers van ‘n nuwe, afgewaterde evangelie. Ook in Suid Afrika is dit die geval. Helaas het hierdie verdagmakery ontaard in moddergooiery en sub-standaard karakteraanvalle wat deurspek is van foutiewelike aanhalings en ongegronde uitsprake oor mense wat nie behoorlik gelees of uitgehoor is nie. (Ek bloos namens die klipgooiers!)

 

In die lig van bogenoemde reaksies kan daar eintlik geen goeie debat wees oor die sg. “emerging church” nie (lees egter die volgende artikel wat ‘n goeie oorsig bied oor die beweging: http://www.pomofaith.com/the-emerging-church/). Maar vir die rekord- dit is interessant dat bekendes wat hierdie term aanvanklik gebruik het, soos Erwin McManus en Dan Kimball, glad nie meer aan sg. emerging gesprekke deelneem nie. Op sy beurt het Leonard Sweet, wat die term “emergent” geskep het, in die Amerikaanse tydskrif RELEVANT (21; Julie/Aug 2006) homself hiervan gedistansieër in ‘n debat met McLaren en Jones. Sy ondubbelsinnige woorde was: “Count me out!” So voel ek ook. Trouens, ek wil saam met Leonard Sweet (Answering my Critics- A Response”) oor die “emerging church” die volgende beaam:

 

“1. It is prone to cause political ruckus when it should be rocking the world for Christ;

2. It is missing a hunger and longing for the salvation of others, a passion for others to fall in love with Jesus and the sense that there are things at stake here that have both earthly and eternal consequences . . .

3. It appears more and more to be a new evangelical form of the old 70s liberation theology

4. It makes the mistake of separating the Person of Jesus from His teachings

5. It deconstructs everything, including the historic creeds of the church and the divine inspiration of the entire biblical canon

6. It revels in spreading doubt more than faith.”

 

NOU- VIR DAARDIE HOOFLETTER-VRAE:

 

IS EKERK ‘N “EMERGENTE KERK,” soos een geleerde vir my gesê het? Genugtig, nee!

IS EKERK UITVERKOOP AAN CHRISTUS? Ja, Hy is die Een, die enigste Een! Hy IS en bly die regte roete Godwaarts!

IS DIE EKERK SE VOETE OP DIE ROETE VAN DIE BYBEL? Flou vraag! Loshande, en met alles in ons.

IS ONS TEEN DIE TRADISIONELE KERK? Wat? Gedoriewaar, nee! Ons is deel van die liggaam van Christus op aarde! Ons verabsoluteer net nie kerklike omhulsels ten koste van verhoudings nie!

IS ONS TEEN DOGMA EN LEERSTELLINGS? Op dees aarde nie! Jesus is ons belydenis en belewenis. Ons bely ons geloof agter die 12 Artikels aan en beleef dit daagliks in ons harte en gedagtes, al die pad tot by ons vingerpunte en voetsole. Teologie is egter nie net klaskamersake nie. So ook is kerk nie net vir Sondae alleen bedoel nie. Ekerk is daarom die wêreld vol- hier, daar en doer. Bokse en etikette- asseblief tog net nie. Ons leef, werk, speel en leef tussen lyne en spasies vir Jesus! Dis daar en doer waar ons wil wees!”