Category Archives: Wêreld Boek Nag

World Book Night op 23 April 2021


Ek het gister ‘n post gesien op Facebook. Gister was “Wêreld boek dag”. Tegnies is dit waar, maar nie die hele storie nie.

Ek het na die “days of the year” website gegaan. Ek het gesien dat dit eintik “Wêreld Boek Nag” was.

Dit is ‘n dag wat gegroei het uit “Wêreld Boek Dag”, wat in Maart gevier word. Dit is ‘n dag waarop kinders aangemoedig word om meer boeke te lees. Wêreld Boek Nag is ‘n dag (oftewel ‘n nag) om volwassenes aan te moedig om meer boeke te lees.

Dit is in 2011 geloots, en was die idee van ‘n mediese doktor, Jamie Byng. In 2012 het die dag geskuif vanaf Maart na April, om saam te val met UNESCO se Internasionale Dag van die Boek. In 2012 en 2013 het die V.S.A. ook die dag begin vier.

Die persoon wat die post oor Wêreld Boek Dag gedeel het, geniet dit om te lees. As dit nie vir hom was nie, sou ek nie geweet het van hierdie dag nie. Ek het nie sy toestemming gevra om sy naam op my blog te deel nie. Ek hoop om hierdie dag volgende jaar te onthou, en hom te vra of ek sy naam volgende jaar mag deel.

Hy het sy “Facebook virende” uitgedaag met ‘n vraag. Deel een godsdienste skrywer en een nie-godsdienstige skrywer van wie jy hou, asook een van elkeen van hulle se boeke.

Dit het my inspireer om hierdie blog te skryf. En om aan ‘n ander vraag te dink. ‘n Uitdaging. ‘n Idee.

Maak ‘n lys van omtrent twintig boeke wat ek wil lees oor die volgende paar maande. Ek lees Afrikaans en Engels. Sommige van die boeke het ek al vantevore gelees, maar ek sal dit weer wil lees.

  • “Kry styl – Jesus s’n” deur Stephan Joubert
  • “Leef lig” deur Jaco Strydom
  • “Soul survivor” deur Philip Yancey
  • “Magspel” deur Cecile Cilliers
  • “Ek kies steeds die kerk” deur Neels Jackson
  • “Exclusion and Embrace” deur Miroslav Volf
  • “Confessions oor kerkwees” deur Jaco Strydom
  • “Hoe om die Bybel reg te lees” deur Stephan Joubert
  • “Ek wil nie die kaarte hê nie” deur Roelf Opperman
  • “Omdraai, Wegdraai” deur Willem Pretorius
  • “Star Trek: The Next Generation – All good things…” deur Michael Jan Friedman
  • “The power of vision” deur Andy Stanley
  • “A promised land” deur Barack Obama
  • “Becoming” deur Michelle Obama
  • “Everything is spiritual” deur Rob Bell
  • “Star Trek: The original series – The motion picture” deur Gene Roddenberry
  • “Star Trek: Deep Space Nine – Emissary” deur J.M. Dillard, Michael Piller & Rick Berman
  • “Star Trek: Voyager – The caretaker” deur L.A. Graf, Michael Piller, Jeri Taylor & Rick Berman
  • “Star Trek: Enterprise – Broken bow” deur Diane Carey, Rick Berman & Brannon Braga
  • “Star Trek: Titan – Taking wing” deur Michael A. Martin & Andy Mangels
  • Die Spud reeks deur John van de Ruit [Ek weet daar is vier in die reeks, maar ek kategoriseer dit as een]
  • Die Harry Potter reeks [Ek weet daar is sewe of agt in die reeks, maar ek kategoriseer dit as een]