Category Archives: Hemelvaartdag 2021

Kerklike kalender Week 24 (09 Mei 2021)


Die kerklike, Christelike kalender begin met Advent. Die 2020-2021 kalender het begin op 29 November 2020.

Vandag (09 Mei 2021) is die begin van week 24 op die kerklike kalender.

Die “gewone” kalender begin op ‘n Sondag, en vandag is die begin van week 19 (waar die eerste Sondag (03 Januarie) van die jaar die eerste week van die jaar se begin was).

Baie kerke in Suid-Afrika en regoor die wêreld gebruik leesroosters om hulle Sondae- en ander dienste en boodskappe uit te werk. Een van hierdie leesroosters, wat ook deur sommige gemeentes in die NG Kerk hier in Suid-Afrika gebruik word, is die Revised Common Lectionary. Ek gebruik ook meestal hierdie leesrooster se Bybelgedeeltes of -tekste.

Week 24 se tekste wat oor die algemeen gebruik word, is:

  • Handelinge 10:44-48
  • Psalm 98
  • 1 Johannes 5:1-6
  • Johannes 15:9-17

Op die Christelike kalender is dit vandag die sesde Sondag van Paastyd.

Gedurende week 24 op die Christelike kalender, herdenk on sook die dag van Jesus se hemelvaart, op Donderdag, 13 Mei 2021. Daar is ‘n paar tekste op die leesrooster vir hierdie dag ook. Hierdie tekste is:

  • Psalm 47
  • Handelinge 1:1-11
  • Efesiërs 1:15-23
  • Lukas 24:44-53