Kerklike kalender Week 31 (27 Junie 2021)


Die kerklike, Christelike kalender begin met Advent. Die 2020-2021 kalender het begin op 29 November 2020.

Vandag (27 Junie 2021) is die begin van week 31 op die kerklike kalender.

Die “gewone” kalender begin op ‘n Sondag, en vandag is die begin van week 26 (waar die eerste Sondag (03 Januarie) van die jaar die eerste week van die jaar se begin was).

Baie kerke in Suid-Afrika en regoor die wêreld gebruik leesroosters om hulle Sondae- en ander dienste en boodskappe uit te werk. Een van hierdie leesroosters, wat ook deur sommige gemeentes in die NG Kerk hier in Suid-Afrika gebruik word, is die Revised Common Lectionary. Ek gebruik ook meestal hierdie leesrooster se Bybelgedeeltes of -tekste.

Week 31 se tekste wat oor die algemeen gebruik word, is:

  • Markus 5:21-43
  • Psalm 130
  • 2 Samuel 1:1, 1:17-27
  • 2 Korintiërs 8:7-15

Die leesrooster wat gebruik word, het ook ‘n paar alternatiewe tekste wat moontlik gebruik kan word:

  • Wysheid van Salomo 1:13-15, 2:23-24
  • Klaagliedere 3:22-33
  • Psalm 30

Op die Christelike kalender is dit vandag die vyfde Sondag van Koninkrykstyd.

Kerklike kalender Week 31 (21 Junie 2021)


Die kerklike, Christelike kalender begin met Advent. Die 2020-2021 kalender het begin op Sondag, 29 November 2020.

Week 31 van die kerklike kalender begin op 27 Junie 2021.

Die “gewone” kalender begin ook op ‘n Sondag, en 27 Junie 2021 is die begin van week 26 (waar die eerste Sondag (03 Januarie) van die jaar die eerste week van die jaar se begin was) wees.

Baie kerke in Suid-Afrika en regoor die wêreld gebruik leesroosters om hulle Sondae- en ander dienste en boodskappe uit te werk. Een van hierdie leesroosters, wat ook deur sommige gemeentes in die NG Kerk hier in Suid-Afrika gebruik word, is die Revised Common Lectionary. Ek gebruik ook meestal hierdie leesrooster se Bybelgedeeltes of -tekste.

Week 31 se tekste wat oor die algemeen gebruik word, is:

  • Markus 5:21-43
  • Psalm 130
  • 2 Samuel 1:1, 1:17-27
  • 2 Korintiërs 8:7-15

Die leesrooster wat gebruik word, het ook ‘n paar alternatiewe tekste wat moontlik gebruik kan word:

  • Wysheid van Salomo 1:13-15, 2:23-24
  • Klaagliedere 3:22-33
  • Psalm 30

Op die Christelike kalender is 27 Junie 2021 ook die vyfde Sondag in Koninkrykstyd.

Vadersdag 2021


Vir die van julle wat nog nie gehoor het nie. Vandag is Vadersdag.

‘n Dag waarop party mense fees vier en ander hartseer is.

Vir my is dit ‘n dag van onthou.

Ek onthou woorde wat al vir my gesê is.

“Jy is so goed vir ons kinders. Jy sal eendag so ‘n goeie pa wees.”

“Jy is soos ‘n pa vir my. Dankie vir alles wat jy my leer, vir jou goeie voorbeeld.”

“Dankie vir al jou moeite met ons kinders.”

Ek het onlangs (Desember 2020) 21 jaar in bediening “gevier”. Ek is nou al meer as 21 jaar in bediening. Meestal Jeugbediening. Ek onthou meeste van my groot besluite. Keer op keer het ek besluit om ander mense se behoeftes bo myne te sit.

Dit is mos waaroor bediening gaan. Om die minste te wees, sodat ander meer kan wees. Nie vir jouself nie, maar vir die koninkryk van God!

Ek het nog altyd my besluite gemaak sodat ek ander kon dien. Ek sukkel met “myself eerste stel; aan myself dink vir ‘n slag”. Ek het ook nog nooit hierdie bedieningswerk gedoen om raakgesien te word, erkenning te kry, of selfs om bedank te word nie.

Maar vandag is Vadersdag.

Vandag kry ek nie een boodskap nie. Nie een goeie wens nie. Nie een “gelukkige vadersdag” nie. Nie ontbyt in die bed nie.

Want ek is toe nie ‘n vader nie. Ek is toe nie so ‘n “goeie pa” soos almal altyd gesê het ek sal wees nie – want ek is nie ‘n pa nie! Vir al daardie “jy is soos ‘n pa vir my” woorde, kan ek vandag wys dat ek dalk net ‘n memory is. As ek ‘n memory is…

Een ander wysheid wat iemand jare gelede met my gedeel het, was toe ek moes besluit of ek verder moet swot – in ‘n bedieningsrigting.

Een van my heroes en voorbeelde in die lewe het gesê: “Moenie jou lewe op ys sit vir hulle nie. Oor drie jaar gaan hulle nie eers meer dink aan jou nie.”

Daardie spesifieke tydperk het ek met ‘n groep kinders ‘n pad gestap… Kinders wat die wêreld vir my beteken het. Vandag hoor ek nie eers van hulle nie. Meeste van hulle is getroud en het kinders van hulle eie. Ek is werklik bly vir hulle.

Ek is werklik bly vir elke kind met wie ek al ooit ‘n pad gestap het, in wie se lewe ek ‘n positiewe invloed kon gehad het. Elkeen wie ek op een of ander manier kon help.

Maar vandag is Vadersdag.

En ek is alleen…

Kerklike kalender Week 30 (20 Junie 2021)


Die kerklike, Christelike kalender begin met Advent. Die 2020-2021 kalender het begin op 29 November 2020.

Vandag (13 Junie 2021) is die begin van week 30 op die kerklike kalender.

Die “gewone” kalender begin op ‘n Sondag, en vandag is die begin van week 25 (waar die eerste Sondag (03 Januarie) van die jaar die eerste week van die jaar se begin was).

Baie kerke in Suid-Afrika en regoor die wêreld gebruik leesroosters om hulle Sondae- en ander dienste en boodskappe uit te werk. Een van hierdie leesroosters, wat ook deur sommige gemeentes in die NG Kerk hier in Suid-Afrika gebruik word, is die Revised Common Lectionary. Ek gebruik ook meestal hierdie leesrooster se Bybelgedeeltes of -tekste.

Week 30 se tekste wat oor die algemeen gebruik word, is:

  • 1 Samuel 17:(1a, 4-11, 19-23), 32-49
  • Psalm 9:9-20
  • 2 Korintiërs 6:1-13
  • Markus 4:35-41

Die leesrooster wat gebruik word, gee ook twee alternatiewe tekste wat gebruik sou kon word:

  • 1 Samuel 17:57-18:5, 18:10-16
  • Psalm 133
  • Job 38:1-11
  • Psalm 107:1-3, 23-32

Op die Christelike kalender is dit vandag die vierde Sondag van Koninkrykstyd.