Volgende 30 boeke…

Hier is ‘n lys van die volgende 30 boeke wat ek graag wil lees. Dit is nie ‘n presiese lys nie, omdat ek dalk boek # 11 voor boek #1 kan lees. Ek kan dalk ook forseer word om ‘n boek te lees wat nie op die lys is nie, as gevolg van een of ander taak wat ek moet doen.

  1. Love Wins – Rob Bell
  2. Wie was Jesus regtig? – Francois Wessels
  3. Jerusalem’s Heart – Bodie & Brock Thoene
  4. Celebration of Discipline – Richard Foster (Hierdie boek sal vir ‘n ruk lank op die lys wees, omdat ek ‘n studie doen op die inhoud daarvan)
  5. Contemplative Youth Ministry – Mark Yaconelli (Hierdie boek sal vir ‘n ruk lank op die lys wees, omdat ek ‘n studie doen op die inhoud daarvan)
  6. The Love Dare (This Hierdie boek sal vir ‘n ruk lank op die lys wees, omdat ek ‘n studie doen op die inhoud daarvan)
  7. Blood types, Body types, and You – Joseph Christiano
  8. Jesus – ‘n Radikale Sprong – Stephan Joubert
  9. Out Live your Life – Max Lucado
  10. Static – Ron Martoia
  11. Tactics – Fred Stoker with Mike Yorkey
  12. Fokus op Strategiese Leierskap – Andy Stanley
  13. Architects of Poverty – Moeletsi Mbeki
  14. The Meaning of Friendship – Mark Vernon
  15. Everything must change – Brian D. McLaren
  16. The Forgotten Ways – Alan Hirsch
  17. When you need a miracle – Lloyd John Ogilvie
  18. In die Greep van Genade – Max Lucado
  19. God juig oor jou – Max Lucado
  20. Money, Sex and Power – Richard Foster
  21. Cupidity – Hayley & Michael DiMarco
  22. Prayers from the Heart – Richard Foster
  23. Star Trek Deep Space Nine #26: Rebels #3 – Daffyd ab Hugh
  24. Social Intelligence – Daniel Goleman
  25. Emotional Intelligence – Daniel Goleman
  26. Discover your Spiritual Type – Corinne Ware
  27. Just Walk Across the Room – Bill Hybels
  28. Faith to Faith – Dan Scott
  29. Pagan Christianity? – Frank Viola & George Barna
  30. Personality Type and Religious Leadership – Roy M. Oswald & Otto Kroeger
  31. Spiritual Wholeness for Clergy – Donald R. Hands and Wayne L. Fehr
  32. Jake’s Choice – Jim & Rachel Britts

 

(Goed, hierdie is 32… Maar nou ja…)

Lewer Kommentaar

Filed under 2012..., Boeke

Boeke gelees in 2011…

Hier is ‘n lys van sommige van die boeke wat ek in 2011 gelees het. Ek het die lys nie deurlopend op datum gehou nie, en het sekere details soos titels van sekere van die boeke wat ek gelees het vergeet.

 

  1. Net soos Jesus – Max Lucado
  2. Wanneer God jou naam fluister – Max Lucado
  3. In die Huis van my Vader – Max Lucado
  4. Where is God when it hurts? – Philip Yancey
  5. Star Trek: Insurrection – J.M. Dillard
  6. Long Walk to Freedom – Nelson Mandela
  7. Jim & Casper go to Church – Jim Henderson & Matt Casper
  8. Die NG Kerk en Apartheid – Johann Kinghorn e.a. (This book was for an assignment in one of the subjects that I had in the year)
  9. Star Trek Voyager #4: Violations – Susan Wright
  10. Tiferet Yisra’el: The Glory of Israel – Marzanne Leroux-Van der Boon
  11. Star Trek Next Generation: Last Words – A.C. Crispin
  12. Star Trek Next Generation: Bedside Matters – Greg Cox
  13. Star Trek Next Generation: On the Scent of Trouble – John Gregory Betancourt

Lewer Kommentaar

Filed under 2011..., Boeke

Nuwe foto-post

Hier is my nuutste foto-post…

http://myfavouritephodies.wordpress.com/2011/12/31/dominus-flevit-church-jerusalem/

Lewer Kommentaar

Filed under Foto Blogs, My Ander Blogs

E-Kerk en Emerging Church…

Ek is ‘n groot ondersteuner van E-Kerk. Ek kry so nou en dan van hulle briewe, en ek besoek so nou en dan die E-Kerk wanneer ek kan kry. Toe ek lees dat Ds. Stephan Joubert iets skryf oor E-Kerk en die Emerging Church, kon ek nie help om te gaan lees nie. Lees gerus self wat hy skryf.

 

Ek wou dit egter ook sommer hier geplaas het, so hier is sy woorde:

 

“Dit het ‘n nuwe kerklike mode geword om enigeen van wie jy verskil te klassifiseer as deel van die “emerging church.” Om een of ander rede is hierdie etiket bedoel as ‘n teologiese skeldwoord. As jy deesdae enigiemand vanaf Rob Bell, Brian McLaren, Ron Martoia, tot by Doug Pagitt of Tony Jones se boeke op jou rak het of dalk iemand ken wat hulle ken, is jy outomaties melaats. Hierdie is die nuwe sonde van “guilty by association.” (Terloops, dan moet diegene wat so dink summier ophou om Paulus te lees wat ‘n keer of wat nie-gelowige Griekse digters aanhaal, of die Judasbrief, wat aanhaal uit geskrifte soos die Testament van Moses en 1 Henog, wat nie deel van die kanon is nie.)

 

In boeke, webblaaie en artikels word kerklikes deesdae met etikette van “emerging church” beplak en voorgehou as verdraaiers van die Waarheid, of as skeppers van ‘n nuwe, afgewaterde evangelie. Ook in Suid Afrika is dit die geval. Helaas het hierdie verdagmakery ontaard in moddergooiery en sub-standaard karakteraanvalle wat deurspek is van foutiewelike aanhalings en ongegronde uitsprake oor mense wat nie behoorlik gelees of uitgehoor is nie. (Ek bloos namens die klipgooiers!)

 

In die lig van bogenoemde reaksies kan daar eintlik geen goeie debat wees oor die sg. “emerging church” nie (lees egter die volgende artikel wat ‘n goeie oorsig bied oor die beweging: http://www.pomofaith.com/the-emerging-church/). Maar vir die rekord- dit is interessant dat bekendes wat hierdie term aanvanklik gebruik het, soos Erwin McManus en Dan Kimball, glad nie meer aan sg. emerging gesprekke deelneem nie. Op sy beurt het Leonard Sweet, wat die term “emergent” geskep het, in die Amerikaanse tydskrif RELEVANT (21; Julie/Aug 2006) homself hiervan gedistansieër in ‘n debat met McLaren en Jones. Sy ondubbelsinnige woorde was: “Count me out!” So voel ek ook. Trouens, ek wil saam met Leonard Sweet (Answering my Critics- A Response”) oor die “emerging church” die volgende beaam:

 

“1. It is prone to cause political ruckus when it should be rocking the world for Christ;

2. It is missing a hunger and longing for the salvation of others, a passion for others to fall in love with Jesus and the sense that there are things at stake here that have both earthly and eternal consequences . . .

3. It appears more and more to be a new evangelical form of the old 70s liberation theology

4. It makes the mistake of separating the Person of Jesus from His teachings

5. It deconstructs everything, including the historic creeds of the church and the divine inspiration of the entire biblical canon

6. It revels in spreading doubt more than faith.”

 

NOU- VIR DAARDIE HOOFLETTER-VRAE:

 

IS EKERK ‘N “EMERGENTE KERK,” soos een geleerde vir my gesê het? Genugtig, nee!

IS EKERK UITVERKOOP AAN CHRISTUS? Ja, Hy is die Een, die enigste Een! Hy IS en bly die regte roete Godwaarts!

IS DIE EKERK SE VOETE OP DIE ROETE VAN DIE BYBEL? Flou vraag! Loshande, en met alles in ons.

IS ONS TEEN DIE TRADISIONELE KERK? Wat? Gedoriewaar, nee! Ons is deel van die liggaam van Christus op aarde! Ons verabsoluteer net nie kerklike omhulsels ten koste van verhoudings nie!

IS ONS TEEN DOGMA EN LEERSTELLINGS? Op dees aarde nie! Jesus is ons belydenis en belewenis. Ons bely ons geloof agter die 12 Artikels aan en beleef dit daagliks in ons harte en gedagtes, al die pad tot by ons vingerpunte en voetsole. Teologie is egter nie net klaskamersake nie. So ook is kerk nie net vir Sondae alleen bedoel nie. Ekerk is daarom die wêreld vol- hier, daar en doer. Bokse en etikette- asseblief tog net nie. Ons leef, werk, speel en leef tussen lyne en spasies vir Jesus! Dis daar en doer waar ons wil wees!”

1 Kommentaar

Filed under Brian McLaren, Doug Pagitt, E-Kerk, Leonard Sweet, Ontluikende Kerk, Rob Bell, Ron Martoia, Stephan Joubert, Tony Jones

Oor my profile prent (“avatar”)

Ek het die foto in my profile prent gekry op die website http://www.dailygossip.org/study-says-coffee-intake-has-antidepressant-effect-on-women-1571

 

Ek het ook dele van die artikel gelees, en dit nogal insiggewend gevind.

Lewer Kommentaar

Filed under Koffie, Prente

My gesondheid…

Ek probeer redelik gereeld in die gym kom, en ek probeer om meer gesond te eet.

Tot so ses maande terug was dit ‘n stelling wat 100% waar was van my eie lewe. Ek het nie ‘n super-perfekte dieët gehad nie. Ek het wel net gekyk na wat ek eet. Dit is die bekende gedagte van minder stysel, en so aan. Ek was omtrent elke dag in die gym gewees. Ek het ‘n redelik gebalansseerde oefenprogram gehad.

Êrens in die afgelope ses maande het ek egter minder getrou geoefen en “lekkerder” begin eet. Ek het 3 dae in plaas van ses dae van die week geoefen, en later een dag elke twee weke. Ek het myself verdedig, deur te sê dat ek baie besig is met studies en stiltetyd (wat dalk ook ‘n post van sy eie gaan kry op ‘n stadium). Ek het myself ook getroos met die feit dat ek darem twee keer per week hokkie oefen. Dit was egter net vir ‘n kort tydtjie van so twee maande waar. En toe ek ophou hokkie oefen het (omdat ek in elk geval nie fiks was of regtig skills gehad het nie), het ek nie weer begin met gereelde gymwerk nie. Ek het so 2-3 keer per maand geoefen. Skandelik, ek weet!

Ek het ook minder moeite gedoen met my dieët. Soos ek hierbo geskryf het: ek het nooit ‘n super-perfekte dieët gehad het nie. Ek het wel so min of meer sekere kosse geëet en ander kosse vermy. Op ‘n manier het my “slacking” in my oefenprogram egter gely na ‘n “slacking” in my dieët. Ek het nog altyd die geneigdheid gehad om te eet as ek stress. Die afgelope paar maande was ook effens stresvol in my lewe. Die ou gewoonte van eet-onder-stres het sterk na vore gekom.

So drie weke terug het ek in een van my min gymsessies weer op die skaal geklim. Ek het myself amper in ‘n ander bloedgroep ingeskrik toe ek sien wat gebeur het. Ek het daardie dag omtrent 128 kg geweeg! Toe ek begin oefen het, het ek net meer as 130 kg geweeg. Aan die begin van die jaar het ek net minder as 115 kg geweeg! Dit beteken ek het wel in amper twee jaar drie kg verloor, maar dat ek in minder as nege maande amper 15 kg opgetel het! Ek kon dit nie glo nie. Het ek myself so erg “laat gaan”?

Mens kom nie regtig agter hoe ongesond jy leef totdat jy so hard gekonfronteer word daarmee nie.

In die afgelope drie weke het ek elke dag geoefen. Een week daarvan het ek by die see deurgebring, en daar was gelukkig elke dag geleentheid om ‘n lang ent te stap. Die ander week was ek omtrent elke dag in die gym gewees.

Hierdie sal een van die doelwitte word van hierdie nuwe blog van my: Om myself op my tone te hou en elke dag meer moeite te doen met my oefening- en eetprogram. Ek hoop eintlik dat daar iemand sal wees wat my sal join in die poging om gesond te raak, wat geïnspireer sal raak om self gesond te begin lewe, en wat my ook sal roep tot verantwoording oor my eie oefen- en eetprogram.

So hierdie sal waarskynlik ‘n reis wees vir my, en hopelik sal iemand geïnspireer voel om die reis saam met my aan te pak.

Tot volgende keer

Lewer Kommentaar

Filed under Eet, Gesondheid, Gym, Uncategorized

Nuwe begin… en nog een…

Ek het ‘n paar jaar terug hier begin blog.

Ek het begin blog in Engels en Afrikaans. Ek het al my blogs in Afrikaanse gedoen, en dan in Engels vertaal, of in Engels geblog en in Afrikaanse vertaal.

In die laaste jaar het ek baie min geblog. Ek is nogal spyt daaroor. Ek wou bitter graag weer begin. Ek het in die afgelope twee weke by drie verskillende plekke (persone!) gehoor van joernaal skryf (“dagboek” skryf). Een van die goed waarmee dit help, is om jou eie gedagtes te orden.

In die afgelope week het ek weer begin joernaal skryf in ‘n boek. Ek het nog altyd gehou van skryf met die hand.

Ek wil egter ook weer blog. In my joernaal sal ek baie goed skryf wat ek dalk nooit verder as daardie boek sal deel nie. Ek sal wel baie meer gereeld begin blog.

Ek begin hierdie Afrikaanse blog om dit wat ek dalk in Engels blog en wil vertaal, hier kan kom plaas. Ek het begin voel dat my ander blog net te vol begin raak met alles wat herhaal het. Ek hoop dat die twee blogs bietjie my gedagtes sal orden.

Ons sal kyk of dinge werk…

Terwyl ek skryf van nuwe dinge… Ek het ook hierdie nuwe blog begin, waar ek elke nou en dan van my gunsteling foto’s gaan plaas. Kom kyk bietjie daarna. Dalk hou jy ook daarvan.

Kom ons geniet ’n koffie elke nou en dan…

1 Kommentaar

Filed under Foto Blogs, Welkom!!

Hello world!

Welcome to WordPress.com. After you read this, you should delete and write your own post, with a new title above. Or hit Add New on the left (of the admin dashboard) to start a fresh post.

Here are some suggestions for your first post.

  1. You can find new ideas for what to blog about by reading the Daily Post.
  2. Add PressThis to your browser. It creates a new blog post for you about any interesting  page you read on the web.
  3. Make some changes to this page, and then hit preview on the right. You can always preview any post or edit it before you share it to the world.

1 Kommentaar

Filed under Uncategorized